
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:17 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE - kyk bl 1732.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE - kyk bl 339.

*Die SPEAKER: Orde! Ons sal die interpellasie onmiddellik hanteer. Ek sal kennisgewings van voorstel toelaat voordat ons die kennisgewing van die voorstel wat op die Ordelys gedruk is, hanteer. Is daar enige aangeleenthede wat agb lede wil ophaal? Aangesien daar geen ander sake is nie, sal ons oorgaan na Interpellasie 1 op die Vraelys.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n voorstel sonder kennisgewing voorstel.

*Die SPEAKER: Orde! Ek het pas beslis dat ek kennisgewings van voorstel sal aanvaar net voor die kennisgewing van die voorstel wat op die Ordelys gedruk is. Die toepaslike Rel bepaal dat voorrang op Dinsdae aan interpellasies en vrae verleen moet word, en dit is as sodanig op die Ordelys gedruk. Ek sal die agb lid mnr Ramatlakane dus toelaat om sy voorstel sonder kennisgewing in daardie stadium te stel.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, mag ek u toespreek oor u beslissing? Oor die afgelope ses jaar was dit die gebruik in hierdie Huis dat, ten spyte van daardie bepaling, kennisgewings van voorstel aangehoor word sodra die sitting begin. Ek wil versoek dat ons begin met die kennisgewings van voorstel, want die uitlees van voorstelle neem nie meer as vyf of 10 minute in beslag nie. Ek is bekommerd dat ons 'n gebruik verbreek wat tot dusver in die Huis opgebou is.

*Die SPEAKER: Orde! Dit is so, maar ek dink dit het toevallig so gebeur dat daar nooit op Dinsdae 'n kennisgewing van voorstel op die Ordelys gedruk is nie. Dit is waarom dit nie in hierdie tydgleuf ingepas is nie. Ek sal dit in aanmerking neem. Dit is eintlik nie 'n probleem nie - dit is bloot 'n kwessie dat 'n kennisgewing van voorstel op vandag se Ordelys gedruk is, en voorkeur op Dinsdae aan interpellasies en vrae verleen word.

Ek sal my finale beslissing hieroor gee, en in die toekoms kan ons dit - of daar nou enige kennisgewings van voorstel op die Ordelys gedruk is of nie - op 'n spesifieke wyse hanteer.

BERAADSLAGING OOR KONSEP WES-KAAPSE FISKALE BELEID

(Voorstel)

*Die LEIER VAN DIE HUIS: Mnr die Speaker, ek stel voor:
Dat alle verkose en genomineerde lede van die Huis vergader, onder die voorsitterskap van die Voorsitter van Komitees, om oor die konsep Wes-Kaapse Fiskale Beleid (WKFB) vir die 2001-02 - 2003-04 Medium Termyn Bestedingsraamwerk (MTEF) te beraadslaag, en dat na die beraadslaging die volgende lede 'n ad hoc-komitee uitmaak om die beleid formeel te oorweeg en aan die Huis verslag te doen:

T Essop
J P Gelderblom
N M Isaacs
A Ismail (voorsitter)
M Ozinsky
D Silke
G R Strachan

Goedgekeur.

 HOOFREGTER ISMAIL MAHOMED

(Roubeklagvoorstel)

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) hulde bring aan een van die skerpste regskundiges wat ons land opgelewer het, en die afsterwe van Hoofregter Ismail Mahomed betreur;

(2) erkenning verleen aan sy bydrae tot menseregte in die dae van apartheid, sy rol tydens onderhandelinge, sy vingerafdrukke in ons Grondwet en di van Namibi, en sy verbintenis tot die transformasie van die reg en die regbank in Suid-Afrika; en

(3)	verder sy medelye betuig met die familie en vriende van Hoofregter Ismail Mahomed en hulle bedank dat hulle hom aan ons nasie geleen het.

Goedgekeur.

MNR MICHAEL MAGADLELA

(Roubeklagvoorstel)

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis sy leedwese betuig met die familie van die Golden Arrow-busbestuurder, Michael Magadlela, wat noodlottig gewond is, en di barbaarse optrede veroordeel, en 'n beroep op die Provinsiale Regering, in die besonder die SAPD, onder die leierskap van die Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning doen, om gemeenskappe teen di geweld en intimidasie te beskerm, en die skuldiges aan die kaak te stel.

Goedgekeur.
OMSTANDIGHEDE IN POLLSMOOR GEVANGENIS
VIR JEUGDIGE OORTREDERS

(Voorstel)

*Dr A E VAN ZYL: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis daarvan kennis neem dat -

	(1)	die Pollsmoor Medium A-afdeling ongeveer 2 000 jeugdiges (ouderdom 14 tot 21) huisves waarvan omtrent 1 500 ongevonnisde verhoorafwagtende gevangenes is;

	(2)	omstandighede in PMA soortgelyk is aan di van berugte konsentrasiekampe, met erge oorbesetting, 'n ernstige tekort aan basiese fasiliteite en geriewe, veral toilet- en wasfasiliteite, beddens, beddegoed, komberse, skoon klere, skoene, ens;

(3)	hierdie jeugdiges kwesbaar is en dikwels maatskaplik, emosioneel en fisies geskaad word;

	(4)	di groep onbestendig is en dat dit in sulke omstandighede 'n resep vir die verspreiding van siektes, mishandeling, selfmishandeling, sodomie, vernedering, wanhoop, selfmoord en dood is;

	en derhalwe aanbeveel dat -

(1) die provinsiale Minister van Gesondheid die nasionale Minister van Gesondheid versoek om 'n deeglike gesondheidsondersoek by PMA uit te voer;

(2) die Provinsiale Administrasie die toekenning van vyf sessies van vyf uur (25 uur per week) vir die Distriksgeneesheer goedkeur om effektiewe mediese toesig van PMA te verseker;

(3) ses geregistreerde verpleegsters aan PMA toegeken word om die aanbevole verpleegkomplement van 14 geregistreerde verpleegsters teweeg te bring; en

(4)	die Departement van Vervoer en Werke onmiddellik ingryp om die nodige infrastruktuur met betrekking tot toilette en wasfasiliteite by PMA te herstel en te vervang.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid dr Van Zyl het hierdie kennisgewing sonder kennisgewing voorgestel. Dit is werklik onbillik teenoor die Huis om te moet besluit oor voorstelle soos hierdie. Ek sal die agb lid nie buite orde rel nie, maar ek moet waarsku dat agb lede in die toekoms sorg moet dra dat die voorstelle wat hulle aan die Huis stel, hanteer kan word en redelik is. Indien nodig, sal die Stoel agb lede in hierdie verband moet beperk. Dit is egter die eerste maal dat die agb lid dr Van Zyl oortree het, en ek sal dit dus toelaat. Sy het dit sonder kennisgewing voorgestel. Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing gestel word? [Besware.] Daar is besware en dit sal dus op die Ordelys verskyn vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

TOESTAND VAN PLAASWERKERS

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis, terwyl hy kennis neem daarvan dat -

(1) 'n boer van Albertinia, wat van poging tot moord, ontvoering en aanranding aangekla is omdat hy na bewering 'n tou om die voete van 'n sestienjarige kind gebind en toe die kind aan die dak van 'n skuur op die plaas opgehang het, op 19 Junie 2000 in die Riversdalse Landdroshof voorgekom, en op borgtog van R2 000 vrygelaat is; en

(2) aanranding en uitsettings van plaaswerkers op plase steeds op plase in ons provinsie voorkom sonder volgehoue afkeuring deur die koalisieregering en in die besonder die Premier;

'n beroep op georganiseerde landbou doen om vas te stel of di boer een van hul lede is en indien wel, hom uit die organisasie te skors, om sodoende 'n duidelike boodskap uit te stuur dat sodanige skending van menseregte en rassisme nie geduld sal word nie, en verder sy diepste besorgdheid uitspreek dat die DP en die Nuwe NP meer besorg skyn te wees oor die situasie op plase in Zimbabwe as oor die lot van plaaswerkers in die provinsie.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid het die voorstel sonder kennisgewing voorgestel. Is daar enige beswaar? [Besware.] Daar is besware daarteen en die voorstel sal op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

ONDERSOEK NA NIE-NAKOMING VAN VERANTWOORDELIKHEDE
DEUR DIE VOORSITTER VAN DIE STAANDE KOMITEE
OOR EKONOMIESE SAKE

(Voorstel)

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis, in die lig van die inligting wat die Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme op 20 Junie 2000 in die Huis verskaf het, ondersoek instel na die nie-nakoming van verantwoordelikhede deur die voorsitter van die Staande Komitee oor Ekonomiese Sake met betrekking tot die staande komitee se voorbereiding en voorlegging aan die NRVP se Beraad oor Klein, Medium en Mikro ondernemings wat op 8 Mei 2000 gehou is.

*Die SPEAKER: Orde! Is daar enige beswaar daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word? [Besware.] Daar is besware daarteen dat die voorstel sonder kennisgewing voorgestel word, en daarom sal dit op die Ordelys geplaas word vir moontlike bespreking by 'n later geleentheid.

GRONDEISE-OOREENKOMS

(Voorstel)

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

	Dat die Huis -

(1) die Minister vir Landbou en Grondsake, die Grondeise Kommissaris in die Provinsie en die Dysselsdorp Grondeisekomitee gelukwens met die R25 miljoen ooreenkoms wat bereik is om hul eis te skik en die gemeenskap toe te laat om terug te gaan na die grond waarvan hulle met geweld deur die NP-regering verwyder is; en

(2) daarop aandring dat die proses waarvolgens eise geskik word in gebiede soos Kraaibosch, Slangrivier en Knysna in die Suid-Kaap en dwarsdeur die provinsie bespoedig word om te verseker dat diegene wat van grond en die produktiewe middele om welvaart te genereer ontneem is, vergoed kan word en hul waardigheid herstel kan word.

Goedgekeur.

WETSONTWERP OP DIE KAAPSTADSE INTERNASIONALE
KONVENSIESENTRUM-MAATSKAPPY [W9B-2000]

(Debat oor Tweede Lesing)

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek het die Huis by verskeie geleenthede oor die afgelope jaar ingelig gehou oor vordering met die beplanning van die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum. Ek wil graag die stappe uiteensit wat gelei het tot die Wetsontwerp op die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy.

Om die proses vir die oprigting van 'n internasionale konvensiesentrum vir Kaapstad te bespoedig, het die Wes-Kaapse Provinsiale Kabinet, die Stad Kaapstad en die Kaapse Metropolitaanse Raad, saam met Business Cape, die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy - waarna ek deurlopend sal verwys as Convenco - in Junie 1999 gestig.

Die drie aandeelhouers, wat die drie openbare entiteite is, het toe 'n aandeelhouersooreenkoms aangegaan. Ingevolge daardie ooreenkoms is elke aandeelhouer daarop geregtig om twee direkteure aan te stel, en Business Cape kan ses aanstel. Enige besluit wat deur die maatskappy geneem word, moet egter deur al drie aandeelhouers goedgekeur word. Met ander woorde, daar is 'n vetoreg vir elke openbare entiteit.

Die algemene gedagte van provinsiale regeringsbystand vir die oprigting van 'n konvensiesentrum is kort na die 1994-verkiesing vir die eerste maal uitgespreek. In daardie stadium het die destydse Provinsiale Kabinet, wat, soos agb lede sal onthou, uit die Nuwe NP en die ANC bestaan het, saamgestem dat die casinolisensie vir die metropolitaanse gebied, as deel van die voordele vir die stad en die provinsie 'n wreldklas konvensiesentrum vir Kaapstad moet verskaf.
Mnr die Speaker, die idee was dat ons die maksimumvoordeel vir ons toeristebedryf moes beding, en daarom is daar gevra dat die suksesvolle kandidaat R135 miljoen beskikbaar moes stel vir die konstruksie van so 'n konvensiesentrum. Vier van die vyf maatskappye wat 'n bod vir die metropolitaanse lisensie ingedien het, het toe inderdaad ook prioriteit gegee en een of ander vorm van konvensiesentrum in hul bod ingesluit. Die voorkeur bodmaatskappy is in September 1999 aangekondig, en, soos agb lede weet, is dit SunWest.

*SunWest het inderdaad die R135 miljoen aan die Provinsie oorbetaal, maar daar was 'n wysiging aan die Kabinet se vorige besluit, sodat die R135 miljoen ook aan ander sake bestee kon word, en in hierdie geval was die grootste begunstigde daarvan die agb Minister van Vervoer en Werke by wyse van konstruksiewerk en die Departement van Onderwys en ander by wyse van maatskaplike dienste.

Wat SunWest egter gedoen het, was om 'n sogenaamde boetiek-konvensiesentrum op die voorkeur perseel op die Strandgebied as deel van hul bod in te sluit. Die waarde van daardie gedeelte van die bod is op R140 miljoen gestel.

Op 26 Oktober 1999 het die Dobbelraad toestemming aan Convenco verleen om onderhandelinge te begin voer met die voorkeur aansoeker, dit wil s, SunWest, om te sien of die SunWest-voorstel uitgebrei kon word om 'n groter konvensiesentrum, en een van 'n meer gepaste omvang, vir die stad te verskaf. 'n Ooreenkoms is tussen Convenco, SunWest en die drie openbare aandeelhouers aangegaan en op 3 Desember 1999 onderteken.

In bre trekke maak hierdie ooreenkoms voorsiening vir die volgende: die konvensiesentrum moet groter wees en die grootte, ontwerp, en so meer, moes deur Convenco bepaal word; SunWest moes inkoop as 'n Convenco-aandeelhouer sonder stemreg en die R140 miljoen aan Convenco oorbetaal vir die bouwerk op die perseel; die drie openbare owerhede sou elk 'n bedrag van R60 miljoen bydra en sodoende in totaal R320 miljoen beskikbaar stel vir die ontwikkeling van die IKS; aandeelhoudingsooreenkomste moes ontwerp word; en die provinsiale bydrae moes gemagtig word.

Mnr die Speaker, regsmening is derhalwe ingewin oor die noodsaak vir magtigingswetgewing reeds voor die ooreenkoms aangegaan is, en die antwoord was dat so 'n stap baie sterk aanbeveel word. Dit was ook die mening van die Ouditeur-generaal, wat die Provinsie se bedrywighede en bydraes aan die maatskappy moet monitor. Die stap vandag, ons wetgewing, is dus daarop gemik om nie alleen die Provinsie se deelname te reguleer nie, maar ook kontroles van 'n provinsiale kant beter vas te vat.

Die doel van die Wetsontwerp op die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy, soos uiteengesit, is dus om voorsiening te maak vir die Provinsie se aandele-besit in die private maatskappy, wat 'n aandele-kapitaal maatskappy is met beperkte aanspreeklikheid. Dit is ook om verder voorsiening te maak vir fondse wat deur die Provinsiale Regering aan die maatskappy oorgedra sal word.

Die sleutelbesluite van Convenco uit die Provinsie se oogpunt oor die afgelope paar maande kan ek soos volg saamvat: eerstens, die aanstelling van 'n gesamentlike ontwerpspan, bestaande uit die Revel Fox-groep en die Footprint-groep, soos hulle bekend gestaan het. Dit was die gevolg van 'n lang, veelvoudige en inderdaad volwaardige keuringsproses.

Die tweede deel van die besluitneming wat kardinaal is, handel oor die aanstelling van die operateur. Vier internasionale operateurs is na openbare uitnodiging en internasionale advertensie op 'n kortlys geplaas, en die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning, wat ook die voorsitter van Convenco is, sal namens die Provinsie optree in die span wat gisteraand na Europa vertrek het om drie uit die moontlike vier operateurs in situ te gaan besoek. Hulle is Generale Location in Frankryk, wat veral in die suide van Frankryk 'n hele paar sentrums bedryf; Rai in Amsterdam, wat een van die oudste maatskappye in die wreld is, wat reeds sedert 1890 bestaan en wat onder andere die baie beroemde sentrum in Maastricht bestuur; en dan NEC Birmingham, wat die baie suksesvolle sentrum in Birmingham bestuur. Die span het 'n mandaat om namens die raad van Convenco te onderhandel.

Die derde belangrike besluit handel met die toekenning van 'n hotelkonsessie. Die voorneme is om een, of moontlik twee hotel konsessies op die perseel uit te gee. Ons het reeds uitnodigings gerig vir belangstelling. Daar is 'n hele paar internasionale en plaaslike maatskappye wat belangstel, maar daar sal nog baie water in die see moet loop voordat ons daarby kom.

*Dit sou miskien vir die Huis interessant wees om kennis te neem daarvan dat hoewel die hotel op die perseel in Durban, die Hilton, aanvanklik finansieel redelik onsuksesvol was, dit nou na die herstrukturering van die bestuur, en in die besonder finansile bestuur, veel meer suksesvol is.

Meneer, hierdie Wetsontwerp is derhalwe 'n kernbelangrike stap in die voorbereiding van ons stad en die provinsie vir die ultrastrawwe langtermynmedediging om internasionale besoekers waarin ons onsself nou bevind. Ek is seker dat dit ons in die groter geheel op dieselfde vlak sou plaas as die voorste wreldbestemmings. Mense in Kaapstad se toeristebedryf het inderdaad 20 jaar lank gewag vir die ontwikkeling van 'n toegewysde internasionale konvensiesentrum.

Laat my toe om Convenco se voorgeskiedenis of oorsprong weer kortliks te skets. 'n Geruime tyd voor die stigting daarvan het die drie huidige aandeelhouers, wat geglo het dat 'n internasionale konvensiesentrum aansienlik sou bydra tot ons toerisme-infrastruktuur, verskeie konsultante en adviseurs, soos Kessel Feinstein Konsultante en die Professionele Konvensiebestuursvereniging, oor 'n tydperk aangestel om navorsing te doen oor die projek en om spesifikasies te ontwerp. Na lang navorsing is onder meer aangedui dat die standplaas op die Strandgebied die voorkeur perseel was, uit sowel 'n vervoer- as liggingsoogpunt.

Meer onlangs is KPMG versoek om die insette te hersien en 'n onafhanklike evaluering te verskaf. Hulle het op 4 Januarie vanjaar 'n prospektus aan ons oorhandig wat sulke basiese inligting verskaf soos waarom Kaapstad 'n konvensiesentrum behoort te bou, wat die behoefteprofiel vir sodanige sentrum in terme van internasionale markte is, hoe dit uiteengesit behoort te word en hoe dit finansieel sou presteer.

Kom ek som ten eerste op waarom Kaapstad 'n internasionale konvensiesentrum behoort te bou. Ons het natuurlik twee ander sentrums, waarvan een reeds in Durban in bedryf is en homself werklik gevestig het as 'n Afrika-konvensiesentrumbestemming, en dan is daar die een wat in Sandton voltooi staan te word, wat meer op Johannesburg-verwante sake sal konsentreer. Teen daardie agtergrond is dit die gedagte dat Kaapstad - en dit is ook wat ons uit die internasionale mark agterkom - die internasionale konvensiesentrum sal wees.

Meneer, as ons oor die internasionale konvensiemark praat, praat ons inderdaad oor 'n toerismesektor waarna in Engels verwys word deur middel van die akroniem MICE, wat vergaderings of "meetings", aanspoormiddels of "incentives", konferensies of "conferences" en tentoonstellings of "exhibitions" verteenwoordig. Dit is een van die vinnigste groeiende toerismesektore en het in 1998 wreldwyd vir besteding van ongeveer R80 miljard deur afgevaardigdes gesorg.

Om dit in perspektief te plaas, verlede naweek het ons die Comrades Marathon gehad, wat deels by die Durban Konvensiesentrum aangebied is, maar dit was eintlik 'n gebeurtenis wat die hele Durbanse stadsgebied betrek het. Hierdie byeenkoms alleen het R300 miljoen vir die Durbanse stadsraad ingebring. Dit is vanselfsprekend uit die 24 000 hardlopers, met hul ondersteuning, en so meer. Dit gee aan 'n mens 'n idee van die massiwiteit van byeenkomste soos hierdie een in terme van voordeel vir stede en hul ekonomie.

As ons oor internasionale bywoning praat, is die ekonomiese uitwerking van konvensies selfs groter. Daar word tans geraam dat 'n internasionale konferensieganger wat Suid-Afrika besoek gemiddeld omtrent R20 000 hier bestee. Dit word deels moontlik gemaak deur die feit dat die onderneming of maatskappy normaalweg hul bywoningsgeld betaal, wat aan die persoon meer geld laat vir toevallige uitgawes.

Die IKS in Durban beraam dat sedert hy geopen het - en ek moet s dat dit 'n konferensiesentrum is wat uiters goed bestuur word en 'n mens moet erkenning aan hulle gee vir wat hulle gedoen het - die sentrum reeds in die een en 'n half jaar wat hy in bedryf is sowat R800 miljoen in die streek ingespuit het. Ek moet noem dat laasgenoemde bedrag nie die 12de spitsberaad van die Beweging van Ongebonde Lande insluit nie, wat Suid-Afrika se belastingbetalers ook 'n goeie klompie geld gekos het.

Ten tweede is die behoefte aan MICE-toerisme nie net besig om die toename in vakansietoerisme verby te steek nie, die profiel dui op 'n verskuiwing na lande in die Stille Oseaan rondom Australi, en Afrika. Australi is die mees gewilde bestemming vir internasionale vergaderings vanjaar, en hulle, in plaas van die meeste Amerikaanse of Europese lande, behoort ons model te wees omdat hulle, soos ons, 'n langafstandbestemming is.

Suid-Afrika het sy markaandeel in wreldwye vergaderings van 2% tot 3% opgestoot en is die mees produktiewe Afrikabestemming. Dit is voldoende om te s dat ons op 'n deurlopende grondslag aandag moet gee aan veiligheid en sekuriteit en moet voortgaan om in te l op die ho waarde produk wat ons teen afslagpryse verskaf met ons huidige wisselkoers.

Ten derde sal die uiteensetting van die konvensiesentrum en sy omgewing volgens die huidige ontwerp 'n wreldwye wenner wees, en dit gaan eintlik alles oor buigsaamheid. In Durban, byvoorbeeld, kan hulle in omtrent 8 000 m 23 verskillende uitlegte h, wat beteken dat 'n mens enige soort uitleg kan h wat jou spesifieke konferensie vereis. Die baie doeltreffende kombinasie - en ek dink dit sal gebeur - van die konvensiesentrum en die kanaal gaan werklik 'n wonderlike omgewing daar skep en lewe in die sentrale sakegebied plaas.

Die eintlike konstruksiewerk begin as die bouers in Januarie 2001 terugkeer, maar daar is reeds navrae van potensile klinte wat die eerste paar jaar dek, met inbegrip van FIFA en die Internasionale Openbare Betrekkinge Konvensie in 2006. Daar was reeds 'n navraag oor 2011 by die konvensiekantoor van Kaapse Metropolitaanse Toerisme. Vir daardie agb lede wat dink dat dit vergesog is, die Atlanta Konvensiesentrum het sy verste toekomstige bespreking in 2017. Hierdie aangeleenthede word ten minste drie tot ses jaar vooraf beplan en dit is waarom dit baie belangrik is dat ons tydskale in die konstruksie akkuraat moet wees.

As ons kom by of ons finansieel sal presteer, is dit baie interessant om daarvan kennis te neem dat Kaapstad reeds geklim het tot die 28ste wreldwye plek vir konvensies, saam met Rome en Sao Paolo, en verlede jaar sowat 84 000 besoekers gelok het. Geen ander stad in Suid-Afrika kom eens naby die lys nie. Hoewel die konvensiesentrum toegerus sal word met moderne video- en Internet-konferensiegeriewe, is die belangrikste waarde natuurlik die persoonlike wisselwerking en kontakte in die bemarking van vergaderings en tentoonstellings.

Ek wil s dat die volgende tegnologiese rondte in die aanbieding van konferensies sal wees dat mense spesifieke tydperke van 'n konferensie oor die Internet aankoop en aanlyn deelneem aan 'n konferensie. 'n Mens sal byvoorbeeld 'n tweedaagse konferensie oor rekenaartegnologie in Kaapstad h, maar terselfdertyd sal 'n rekenaarbemarkingskundige uit Japan vir twee of drie ure in die oggend of die middag kan inskakel, deelneem aan die konferensie en aanlyn vrae stel. Dit is werklik die volgende stadium. Die tegnologie is beskikbaar.

Die rede waarom Kaapstad dit nog nie kan aanbied nie, is die feit dat ons nie oor voldoende breband-kapasiteit in ons telekommunikasie infrastruktuur beskik om dit inderdaad te laat gebeur nie. Dit wys vir 'n mens waarom telekommunikasie so kernbelangrik is, soos ek dikwels in die Huis uitgewys het.

Die konvensiesentrum is natuurlik ook 'n ideale hulpmiddel in die "geheime seisoen"-bemarkingsveldtog wat daarop gemik is om Kaapstad tydens hierdie deel van die jaar te bemark. Mei is die stilste maand van die jaar, en ons moet dit uitbrei.

Die topverkopers onder stede vir aansporingsreise is langafstandbestemmings, met Cannes, Parys en Barcelona in Europa wat meeding met New York, Boston, Dubai en Hong Kong. Volgens die April-uitgawe van Convention and Incentive Travel het Kaapstad opgeskiet tot die eerste plek wreldwyd as die topverkoper stad vir aansporingsreise. Dit wys net aan 'n mens waar ons in die wreldmark is.

Die voorspelling van R1 miljard 'n jaar aan inkomste vir die Provinsie oor 'n paar jaar van nou af vir die internasionale konvensie- en uitstalsentrum is dus nie onrealisties nie. Oor die algemeen is hierdie sentrums nie bronne van inkomste nie, maar hulle is enorme skeppers van welvaart vir die streek. Dit is waarom openbare owerhede soos ons en plaaslike regering daartoe behoort by te dra. Kaapstad het reeds die besliste voordeel dat hy die voorkeur bestemming in Suid-Afrikaanse toerisme is, en die IKS sal inderdaad aan ons die kroonjuwele besorg.

As ons na die Wetsontwerp kyk, soos agb lede sal weet, gaan die klousules onderskeidelik oor die woordomskrywings; aandeelhouermagtiging; die oogmerke van Convenco - met die beskerming dat indien hy van hierdie oogmerke afwyk, ons nie gemagtig sal wees om verder daartoe by te dra nie; verteenwoordiging in die raad; finansile regulerende bepalings; beheer en verslagdoening; en dan terugwerkende krag tot 8 Junie verlede jaar, toe die oorspronklike aandeelhouersooreenkoms onderteken is.

Mnr die Speaker, ek sluit graag af. Ek wil ten eerste my hartlike dank uitspreek teenoor die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling vir die werk wat hulle gedoen het. In sy afwesigheid wil ek die voorsitter, die agb lid mnr Louis, bedank. Hy het my in kennis gestel dat hy nie hier kan wees nie. Ek wil die agb lid mnr N M Isaacs by voorbaat bedank, wat die Wetsontwerp namens die agb lid mnr Louis verder sal indra.

Ek wil ook die personeel van my departement bedank vir hul harde werk, sowel as di van die Departement van Finansies wat baie goed gedoen het. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het 'n baie besondere bydrae gelewer, sowel as dr Stegmann.

Ten slotte wil ek ook twee persone bedank wat 'n groot rol hierin gespeel het. Die eerste een is me Carol Johnson, die nuwe Direkteur by die Departement van Regsdienste. Sy het lang nagte deurgewerk om dit moontlik te maak. Ten tweede wil ek mnr Pierre Oosthuizen van my Kantoor bedank, wat al 'n veteraan met wetgewing in hierdie Parlement is.

Mnr die Speaker, ek stel graag voor.

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, as ek luister na hoe entoesiasties die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme oor die Wetsontwerp en die konvensiesentrum praat, verbaas dit my dat die ANC vir die duur wat ons met die debat oor Wetsontwerp besig was, buite stemming gebly het. Ek is so opgewonde, want ons beweeg na opwindende tye, maar hulle moet altyd die pret bederf.

Mnr die Speaker, die Nuwe NP ondersteun graag die Wetsontwerp op die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy. Die Wetsontwerp beslaan slegs twee bladsye, maar dit is so eenvoudig gestel dat dit vir my ongelooflik is dat ons byna ons nekke hieroor gebreek het.

Die doel met die Wetsontwerp is om voorsiening te maak vir die Provinsie se kapitale aandeel in die Konvensiesentrum-maatskappy, Convenco, wat 'n private maatskappy is. Die Wetsontwerp verleen verdere magtiging vir die fondse wat die Provinsiale Regering aan die maatskappy sal voorsien. Ons het nie 'n wet wat aan ons die nodige magtiging verleen nie, dus het ons 'n wet op die Wetboek nodig wat die Provinsiale Regering se deelname aan Convenco magtig. Dit is een van die hoofdoelwitte met hierdie Wetsontwerp.

*Dit is interessant om daarvan kennis te neem dat die Provinsie, die KMR en die Stad Kaapstad oor die afgelope vier jaar betrokke was by samesprekings om 'n wreldklas konvensiesentrum te vestig. Dit is nie iets wat gister ontstaan het nie. Daar was al die tyd samesprekings.

Die motivering vir hierdie projek was om werkgeleenthede te skep wat, met die huidige ho werkloosheidsyfer, baie nodig is in die land.

Dit is 'n aanvaarde feit dat die sentrum, soos die agb Minister ook gemeld het, toeriste sal aantrek. Soos hy ges het, sal konvensiebesoekers en hul gades aansienlike bedrae geld bestee aan akkommodasie, drankies en etes, inkopies en besigtigingsreise. Dit is interessant om daarop te let dat Kaapstad, volgens die aantekeninge van KPMG, 27ste is op die lys van gewilde stede in die wreld vir konvensies. Meneer, as Kaapstad 27ste op die lys is van belangrike stede in die wreld vir die hou van konvensies, is dit iets waaroor een en almal van ons opgewonde moet wees. Ek hoop dat die Wetsontwerp vanmiddag eenparig aanvaar sal word, want hierdie stuk wetgewing is baie nodig.

Ons moet nie die feit uit die oog verloor dat die aanvanklike stadiums nie slegs werk sal verskaf nie, maar ook geleenthede vir ondernemers in die klein en medium sakesektore. Hierdie stuk wetgewing hou soveel goed vir ons in dat ek nie kan glo dat sommige van ons nog probeer om dit terug te hou nie. Ek doen 'n beroep op 'n ieder en 'n elk om 'n positiewe deelname.

Meneer, tydens die aanvanklike stadiums van die casinogesprekke was daar die onderneming dat watter maatskappy ook al met die casinobod sou slaag, sou bydra tot die konvensiesentrum. Dit is interessant om te hoor dat die drie aandeelhouers die Wes-Kaapse Regering, die KMR en die Stad Kaapstad is. Elkeen het twee direkteure in die direksie. Die Dobbelraad het SunWest later as voorkeur aansoeker vir die metropolitaanse casinolisensie verklaar. SunWest het 'n voorstel voorgel om 'n boetiek-konvensiesentrum te bou, en hulle het voorgestel dat R140 miljoen aan die sentrum bestee word, aangebied om dit te bedryf en die oprigting van 'n hotel op die perseel aangemoedig. Die Dobbelraad het ingestem om SunWest toe te laat om R140 miljoen by te dra tot 'n groter sentrum wat sowat 5 000 afgevaardigdes sal kan huisves. 

Mnr die Speaker, ek kom nou by die Wetsontwerp. Klousule 2, wat oor magtiging gaan, verleen omvattende gesag aan die Provinsiale Regering sodat die konvensiesentrum in staat sal wees om beter te presteer en die Provinsiale Regering self enige take kan verrig wat 'n aandeelhouer kan verrig. Die Wetsontwerp maak in klousule 3, "Oogmerke van Convenco", duidelik voorsiening daarvoor dat die proses van konstruksie en ontwikkeling van stapel gestuur word en vir die versekering van gepaste beleidsrigtings en riglyne. Dit maak ook voorsiening daarvoor dat die sentrum behoorlik bemark en doeltreffend bestuur moet word.

Hierdie oogmerke is na die Kantoor van die Ouditeur-generaal verwys. Ek dink party mense het met 'n bietjie agterdog aan die samesprekings deelgeneem, en dit is waarom hulle die Ouditeur-generaal gevra het vir sy mening oor of hulle wetlik daarop geregtig is. Ek moet s dat me Johnson dit baie bekwaam deurgegaan het en ons tevrede is. Ek is seker dat watter vrese ook al teenoor die Ouditeur-generaal uitgespreek is, uiteindelik besweer sal word deur die antwoorde en die wyse waarop die konvensiesentrum sake sal doen.

Meneer, ons weet daar heers groot ontsteltenis by die lede van die ANC, want hulle wou gehad het dat ons die ooreenkomste saam met die Wetsontwerp moes bespreek. Die ooreenkomste met betrekking tot die Maatskappyewet en die aandeelhouers is iets totaal anders. Ongelukkig vir hulle, moes ons die voorstel afstem omdat ons meen dat die Wetsontwerp ten alle tye voorrang moet geniet. Die ander dinge wat tussenin kom, kan nog gedoen word. Ons meen egter die Wetsontwerp moet voorrang geniet en dat die ooreenkomste nie op enige tydstip gebruik moet word om nie die Wetsontwerp sy volle gang te laat gaan nie.

Mnr die Speaker, die Nuwe NP ondersteun die Wetsontwerp op die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy heelhartig. Ek wil die amptenare namens die lede van die Nuwe NP opreg bedank vir hul openhartigheid en die manier waarop hulle die staande komitee deur die hele proses geneem het.

Mnr R WILLIAMS: Mnr die Speaker, soos gewoonlik het die agb lid mnr N M Isaacs weer die ANC se posisie in die Huis wanvoorgestel. [Tussenwerpsels.] Ek wil graag met sommige van die wanvoorstellings handel wat hy hier gemaak het.

*In hierdie stadium dink ek dit is nodig dat ons herhaal wat ons in die staande komitee ges het, naamlik dat ons onvoorwaardelik die daarstelling van 'n konvensiesentrum vir Kaapstad ondersteun. Ons het nooit ges dat ons dit nie ondersteun nie. Ons glo dat 'n wreldklas konvensiesentrum, 'n veeldoel konvensiesentrum in Kaapstad - ongeag of dit aan 'n uitstalsentrum gekoppel is of nie - wesenlik die bruto streekproduk van die provinsie sal verhoog.

Inderdaad, soos die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme aangedui het, het navorsing getoon dat 'n konvensiesentrum die bruto geografiese produk van die Kaapse Metropool permanent met sowat R1 miljard per jaar kan laat toeneem, en dat dit werk sou skep. Vir ons is dit 'n baie belangrike oorweging. Ons is daarvan oortuig dat, soos die agb Minister ook gemeld het, die newe-effekte van 'n konvensiesentrum - deurdat konvensiegangers en hul metgeselle aansienlike bedrae geld bestee aan akkommodasie, inkopies en ander bedrywighede soos toeristebesigtiging - sal bydra tot en omskep word in werkskepping. Daarom ondersteun ons die vestiging van hierdie konvensiesentrum heelhartig.

Mnr die Speaker, ons beskou die konvensiesentrum-inisiatief as kernbelangrik vir toerismegroei in die provinsie, en ons ondersteun die agb Minister hierin. Ons het egter verwag dat enige wetgewing en ander instrumente - soos die aandeelhouersooreenkoms, wat veronderstel is om hierdie konvensiesentrum te laat verwesenlik - met meer omsigtigheid hanteer sou word as wat die geval was in die wyse waarop dit hier hanteer is.

Voorts poog die Wetsontwerp voor ons om 'n unieke instrument te magtig om die konvensiesentrum te stig, naamlik 'n private maatskappy met beperkte aanspreeklikheid. Hierdie unieke instrument ressorteer nie onder die bestek van die Wet op Bestuur van Openbare Finansies van 1999 nie; dit is ook nie 'n openbare/private vennootskap in die klassieke sin nie.

Daarom rus daar 'n bykomende verantwoordelikheid op die Provinsiale Parlement om nie net die wetgewing onder die loep te neem nie, maar ook dit wat die wetgewing vooraf gegaan het, dit wat die wetgewing poog om te bekragtig en te magtig, naamlik die aandeelhouersooreenkoms. Dit is die punt wat ons in die staande komiteevergaderings opgehaal het, naamlik dat die staande komitee nie toegelaat is om die aandeelhouersooreenkoms volledig te ondersoek en te debatteer nie. Dit is nie reg nie. Dit is amper misleidend om te beweer dat ons nie die aandeelhouersooreenkoms moet hanteer nie.

In hierdie stadium moet ek my haas om by te voeg, sodat dit nie later gebruik kan word om die aandag af te lei nie, dat ons die reg erken van die Kabinet om ooreenkomste soos hierdie aan te gaan. Ons erken egter ook, en terselfdertyd verwag ons ook dieselfde van die Kabinet, die grondwetlik verskanste pligte van die Provinsiale Parlement, en veral die staande komitees daarvan, om toesig te hou oor die Kabinet en sy optrede. Dit is nie toegelaat nie. Die meerderheid in die staande komitee het daardie komitee die geleentheid onts om nie net die wetgewing onder die loep te neem nie, maar ook die aandeelhouersooreenkoms waarop die wetgewing gegrond is en wat die wetgewing in werklikheid probeer magtig en met terugwerkende krag te bekragtig. Die staande komitee het in daardie opsig nie sy plig nagekom nie.

Die agb lid mnr N M Isaacs het hier probeer s dat die aandeelhouersooreenkoms verwyderd, apart is van die wetgewing waarmee ons handel. Die feit is dat dit nie geskei kan word van die wetgewing wat voor ons dien nie, ten spyte van die agb Minister se betoog tot die teendeel. Ons word versoek om hierdie Provinsie se aandeelhouding in Convenco goed te keur, en die aandeelhouding word deur die aandeelhouersooreenkoms bepaal. Hoe kan enigiemand aanvoer dat die aandeelhouersooreenkoms nie wesenlik verband hou met die saak wat voor ons is nie? Dit hou, en soos ek ges het, dit is byna misleidend om iets anders te beweer.

In die staande komitee het ons sekere probleme oor die aandeelhouersooreenkoms opgehaal. Die agb lid me Essop sal party daarvan hanteer. Ek sal aan een van hulle aandag gee, en dit is die kwessie van die verskaffing van waarborge deur die Provinsie. Die aandeelhouersooreenkoms bevat 'n bepaling wat lui dat in die geval waar 'n waarborg deur een van die drie of vier aandeelhouers verskaf word, hulle gesamentlik en afsonderlik mekaar vrywaar teen enige verliese wat gely kan word voortspruitend uit die verskaffing van sodanige waarborg.

Toe hierdie aangeleentheid in die staande komiteevergadering met die agb Minister opgehaal is - en dit is opgehaal in die sin dat daar gevra is of die Provinsie in die eerste plek oor die bevoegdheid beskik om waarborge te verskaf - was sy antwoord daarop nogal merkwaardig. In wese was sy antwoord dat indien ons as Provinsie nie oor die bevoegdheid beskik het om waarborge te verskaf nie, wat daarvan? Dan sou ons nie waarborge verskaf nie, maar bykomend daartoe, met die verskaffing van die waarborge gaan die plig gepaard wat in die aandeelhouersooreenkoms vervat is om die ander aandeelhouers in gevalle van skade te vrywaar. S ons dat ons besig is om bedrog teen ons aandeelhouers te pleeg, deur hulle te mislei om te glo dat ons hierdie ooreenkoms sal eerbiedig? Ek vra, want indien ons nie oor die bevoegdheid beskik om waarborge te verskaf nie, sal ons sekerlik nie oor die bevoegdheid beskik om te vrywaar voortspruitend uit die verskaffing van sodanige waarborge nie. Dit is 'n skrikwekkende gedagte dat ons in die Huis gevra word om hierdie bedrieglike voorstelling aan die mede-aandeelhouers in hierdie maatskappy te maak.

Mnr die Speaker, dit is maar een aspek van die aandeelhouersooreenkoms wat ons gedentifiseer het as iets wat probleme sou kon veroorsaak en ten opsigte waarvan ons nie tevrede is met die antwoorde wat aan ons verstrek is nie. Ons het ander gedentifiseer, maar is nie in die staande komitee die geleentheid gebied om dit op te haal nie. Dit het vir ons gelyk asof die agb lede van veral die Nuwe NP so begerig is om die agb Minister ter wille te wees, blykbaar om die koalisie aan die gang te hou, dat hulle tot enigiets sou instem. [Tussenwerpsels.] Seer sekerlik moes hulle ook besef het dat hulle nie kan verwag dat ons hier 'n stuk wetgewing moet goedkeur wat op 'n aandeelhouersooreenkoms gebaseer is, terwyl ons nie die geleentheid gehad het om dit behoorlik na te gaan en behoorlike antwoorde van die agb Minister te vra oor van die aangeleenthede waaroor ons sekere bekommernisse het, en op daardie tydstip gehad het, nie.

Ons aan hierdie kant van die Huis is tevrede dat ons ons plig gedoen het. Ons het die tekortkominge in die aandeelhouersooreenkoms gedentifiseer, asook in die Wetsontwerp, en ons standpunte het ooreengestem met die standpunte van die Ouditeur-generaal, soos die agb lid me Essop sal uitwys. Weer eens skep die agb lid mnr N M Isaacs 'n wanindruk wanneer hy s dat die Ouditeur-generaal tevrede was met wat in die Wetsontwerp opgeneem is. Die feit is dat die Ouditeur-generaal bekommernisse gehad het oor sekere aspekte van die Wetsontwerp. Ons glo nie dat daardie bekommernisse van die Ouditeur-generaal uit die weg geruim is deur die insette wat die agb Minister of die regspan daar gelewer het nie.

*Mnr die Speaker, ons dink dat die tekortkominge, die inherente risiko, in die aandeelhouersooreenkoms sal terugkom om by die Huis te spook. Ons is besorg oor die feit dat die agb Minister, deur die Wetsontwerp haastig deur te jaag en ten opsigte van die gebreke in die aandeelhouersooreenkoms, 'n verdienstelike en lofwaardige inisiatief soos die konvensiesentrum besmet het.

*Mnr E ISAACS: Mnr die Speaker, met die stigting van 'n konvensiesentrum van internasionale aansien in die Moederstad van Suid-Afrika sal nog 'n historiese mylpaal bereik word.

Konvensiesentrums het hul oorsprong so ver terug as 1865 in Europa, toe die Caf Royal deur 'n Paryse wynhandelaar gestig is. Vir die Boheme van die 19de eeu was dit 'n Franse gastronomiese oase in die middel van Victoriaanse Londen, en vir die vername buitelandse bannelinge van daardie tydperk was dit 'n paradys van goeie kos en uitmuntende drank. As 'n mens die Caf Royal binnegaan, betree jy 'n wreld van stille verfyning en tradisionele elegansie. Die Caf Royal is een van Europa se grootste konferensie- en banketsentrums, en bedien te eniger tyd tot 3 000 gaste.

Die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum sal gebou word op le grond tussen Coen Steytler-rylaan, die Heerengracht en die Strandgebied-snelweg, wat tans as 'n parkeerterrein gebruik word. Die konvensiesentrum is uitstekend gele. Dit is naby aan die kern van Kaapstad se sakewreld, en dit l ook in die middel van Kaapstad se ontspanningsbedryf, waar dit die beroemde Victoria en Alfred Waterkanthotelle koppel aan vermaakgeriewe wat gerieflik binne loopafstand gele is.

Die uiteindelike vermo van die voorgestelde konvensiesentrum is nog nie finaal vasgestel nie, maar oorweging word geskenk aan 'n buigsame vermo om sitplek aan afgevaardigdes te verskaf. Daar is byvoorbeeld trapsgewyse sitplek vir 1 500 tot 2 000 afgevaardigdes, gesamentlike sitplek vir 3 000 tot 5 000 afgevaardigdes, en 'n ruimte vir afsonderlike groepe, handelskoue, spyseniering, en so meer. 'n Bruto beskikbare ruimte van ongeveer 10 000 m sal ook beskikbaar wees vir tentoonstellings, opvoerings en groot vergaderings.

Mnr die Speaker, die Wetsontwerp op die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy beoog om voorsiening te maak vir die aandeelhouding wat die Provinsie in die maatskappy het, wat 'n private maatskappy met aandelekapitaal is, en om verder voorsiening te maak vir fondse wat deur die Provinsiale Regering aan die maatskappy beskikbaar gestel word. Die drie aandeelhouers is die Provinsie van die Wes-Kaap, die KMR en die Stad Kaapstad. Elke aandeelhouer het homself daartoe verbind om vir 'n voorgeskrewe tydperk in te staan vir een derde van die jaarlikse begroting.

Mnr die Speaker, Convenco het die KPMG-aanbevelings aanvaar en elk van sy aandeelhouers versoek om R60 miljoen by te dra tot die kapitaalkoste. Die Dobbelraad het ingestem om SunWest toe te laat om R140 miljoen by te dra, en ooreenkomste is op 6 Desember 1999 tussen Convenco en SunWest, die voorkeur aansoeker vir die Metro casinolisensie, onderteken.

Een van die oogmerke van Convenco is om te verseker dat die finansiering van R320 miljoen wat vir die konvensiesentrum in die vooruitsig gestel word, op die mees ekonomiese wyse aangewend word tot maksimumvoordeel vir die fasiliteit, die stad en die provinsie, en dat die projek binne die geprogrammeerde tydskaal voltooi word.

Konstruksiewerk neem in Desember 2000 'n aanvang en die konvensiesentrum sal tydens die eerste kwartaal van 2003 geopen word. Hoe gouer die konvensiesentrum voltooi word, hoe beter is dit vir Kaapstad, wat vinnig styg op die ranglys van vooraanstaande internasionale konferensiestede, nadat hy van die 44ste tot die 28ste plek op die lys van mees gewilde konvensiebestemmings in die wreld gestyg het.

Oor minder as drie jaar sal Kaapstad meeding met sentrums wat lede is van die Historiese Konferensiesentrums van Europa. Konferensiesentrums van formaat is, byvoorbeeld, The Popes Palace International Congress Centre Origin in Frankryk; Dublin Castle Conference Centre in Ierland; Palacio de Bolsa Porto in Portugal; en The Mediterranean Conference Centre Valetta in Malta, en dit is maar 'n paar wat geredelik by 'n mens opkom. Nasionaal moet ons meeding met 'n internasionale konferensiesentrum in Durban, wat oor aaneenskakelbare sale met 'n gekombineerde plat vloeroppervlakte van 7 000 m beskik.

Mnr die Speaker, Kaapstad het hierdie plek op die ranglys verwerf voor die konstruksiewerk aan sy nuwe internasionale konvensiesentrum nog begin het. Deur hierdie Wetsontwerp te ondersteun, ondersteun die Nuwe NP, en ons as lede van die Provinsiale Parlement, dit van ons kant van die Huis. Ons sal verseker dat die nodige wetgewing betyds goedgekeur word om die daarstelling van die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum aan die voet van die majestueuse Tafelberg te bespoedig.

*Die TYDELIKE VOORSITTER (Mnr C M Dugmore): Orde! Voor die agb lid mnr Silke begin praat, wil ek graag op agb lede 'n beroep doen om begrip te h vir die feit dat hy tans aan griep ly.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, dankie vir u sensitiewe bekendstelling.
Meneer, dit verskaf aan my groot genot om tot hierdie belangrike debat toe te tree. Die stad het nou al 'n geruime tyd begin agter raak by ons eweknie, Durban en meer onlangs Johannesburg, in die ontwikkeling van 'n internasionale konvensiesentrum. Vandag, met hierdie wetgewing, maak die Provinsiale Administrasie die mees kritieke fase van hierdie sleutelprojek moontlik, naamlik die oprigting van 'n wreldklas konvensiesentrum vir Kaapstad.

Ons in die Wes-Kaap bly 'n langafstand bestemming vir die grootste deel van die res van die wreld, met die uitsondering van sub-Sahara Afrika. Om hierdie rede, en die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het reeds daarna verwys, is die Australiese voorbeeld in die vestiging van 'n konvensiesentrumbedryf uiters toepaslik. Hoewel konvensiesentrums normaalweg nie kommersile winste skep op kapitaal wat bel is nie, word die deurdra-effek daarvan op hoteleienaars, restauranteienaars, kleinhandelaars en verskaffers deeglik in Australi begryp.

Die kernbelangrike rol om brer ekonomiese voordele aan die gemeenskap te lewer, is die motivering agter openbare finansiering vir die ontwikkeling van konvensie- en uitstalsentrums, heel dikwels deur middel van gesamentlike bydraes deur die plaaslike staatsregerings, soos ons hier doen. Die klem word dus geplaas op die winsgewende bedryf en ekonomiese voordele oor 'n brer spektrum, in plaas van op 'n opbrengs op kapitaal wat bel is.

Dit is belangrik om daarvan kennis te neem dat wanneer direkte en indirekte gevolge in aanmerking geneem word, die vergaderings- en uitstallingsektor in Australi verantwoordelik was vir 1,5% van alle persone wat in diens geneem is en 'n aansienlike 1,2% van BBP teen faktor koste. Suid-Afrika se posisie as leier in sub-Sahara Afrika verskil nie van di van Australi in die Suidoos-Asi streek nie.

Met die ontwikkeling van 'n sleutelgerief hier in Kaapstad sal ons in staat wees om vername internasionale konferensies aan te bied, wat tradisioneel dalk eerder in Europa of Noord-Amerika gehou sou word. Ons fasiliteit sal modern, buigsaam en tegnologies gevorderd wees, anders as baie ouer konvensiesentrums in Europa, en wat dit betref, Noord-Amerika.

In Australi het die getal internasionale vergaderings meer as verdubbel oor die afgelope agt jaar. Om die waarheid te s, in die vroe 1990s - 1991, 1992 - was daar omtrent 112 en in die 1997-98-tydperk was daar 234, wat daardie land opgestoot het na die posisie as die grootste gunsteling bestemming vir internasionale vergaderings in die Asi-Stille Oseaan-streek, selfs voor Japan.

Dit lei geen twyfel nie dat ekonomiese groei en direkte buitelandse belegging belangrike bepalende faktore van konvensiesentrumgroei is. Hulle is dus inderdaad van mekaar afhanklik.

Ten einde Kaapstad te bemark, sal ons aggressief en dinamies moet wees, maar ons sal waarskynlik 'n mededingende voordeel h vanwe die moderne en gevorderde aard van die nuwe fasiliteit. Kaapstad sal, soos die agb Minister aangedui het, met Durban en Johannesburg meeding. Ek dink ons sal die een of ander eiesoortige bemarkbare eienskap nodig h, bo en behalwe die onoortreflike natuurskoon wat hierdie provinsie geniet.

Binnelandse mededinging beteken natuurlik ook internasionale mededinging. Die wreld is nou klein en die stede ding regoor die aardbol met mekaar mee vir sowel toerisme as beleggings. Teen hierdie agtergrond, dink ek, sal die nuwe konvensiesentrum aan Kapenaars en die wreld 'n wreldklas ondervinding bied. Durban en Johannesburg sou sekerlik die binnelandse ontspannings- en maatskappymarkte kon oorheers, maar Kaapstad beskik oor die potensiaal om die voorste aantrekkingskrag vir internasionale konvensies en uitstallings te word.

Kaapstad beskik reeds oor 'n sterk basis om daarvan 'n wreldklas toeristebestemming te maak. Die saamgestelde besteding deur buitelandse toeriste dra bykans 60% by tot algehele toeristebesteding in die provinsie, in vergelyking met slegs meer as 40% uit binnelandse toerisme, selfs al vertoon laasgenoemde veel groter getalle. In die lig van die Wes-Kaap se sterk finansile en versekeringsektor, en sy basis van belangrike olie- en petroliummaatskappye, is daar 'n belangrike ekonomiese basis wat 'n teiken vir enige konvensiesentrum kan wees.

Die Wes-Kaap het 'n wreldspeler in 'n hoogs mededingende mark geword. Die provinsie betree nou sy tweede fase van ontwikkeling as 'n bestemming vir toeriste. Toekomstige mededinging vir toerisme en handel sal uit die wrelddorpie kom, nie noodwendig hierdie vasteland of Suid-Afrika nie. Streke soos Nieu-Suid-Wallis en Wes-Australi of Brits Columbiese Kanada maak die mededingende omgewing uit wat die tweede fase veel meer uitdagend en mededingend maak.

Die konvensiesentrumprojek koppel toerisme en handel en kan 'n katalisator wees wat die Wes-Kaap die tweede fase laat in beweeg. Dit is tydens hierdie fase dat besluite geneem sal moet word wat die Wes-Kaap as 'n wreldklas bestemming kan vestig. Die vooraanstaande posisie wat Kaapstad geniet, verskaf daaraan nuwe stukrag om 'n wreldklas stad te word. Hy moet begin om homself met sy eweknie te vergelyk, nie net in Afrika nie, maar buite Afrika, soos Melbourne, Barcelona, Sydney en Edinburgh.

Vir Kaapstad is ekonomiese ontwikkeling en toerismegroei op sigself aan mekaar gekoppel en die goedkeuring van hierdie Wetsontwerp is 'n historiese mylpaal in die geskiedenis van die provinsie. Hier skep ons werklik 'n klimaat vir ongehoorde ekonomiese groei wat slegs 'n positiewe uitwerking op al die mense van hierdie provinsie kan h.

Mnr A ISMAIL: Hoor, hoor!

Mnr D SILKE: Meneer, ons is natuurlik baie trots daarop om hierdie Wetsontwerp te ondersteun.

Mnr J P GELDERBLOM: Mnr die Voorsitter, die Wetsontwerp op die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy word deur ons ten volle ondersteun. Die daarstelling ...

Me T ESSOP: Wie is "ons"?

Mnr J P GELDERBLOM: Hierdie kant. Ons is nie skaam om te s ons is aan hierdie kant nie.

Meneer, die daarstelling van 'n wreldklas konvensiesentrum is 'n belangrike mylpaal in die groeiende toeristebedryf van die Wes-Kaap; nie net vir die Wes-Kaap nie, maar ook vir die hele Suid-Afrika en Afrika. Die wreldklas konvensiesentrum is 'n welkome inspuiting in die verdere uitbouing en uitbreiding van toerisme in hierdie mooi provinsie van ons.

Dit is 'n besonderse eerste projek tussen die Provinsiale Regering, die metropolitaanse regering en die privaatsektor. Die noodsaaklikheid om die privaatsektor nouer betrokke te maak by owerheidsaktiwiteite verdien besondere vermelding. Dit is 'n bewys dat daar 'n toenemende vertroue en sinergie tussen die Provinsiale Regering en die metropolitaanse regering, aan die een kant, en die privaatsektor, aan die ander kant, besig is om te ontwikkel. Hierdie erns van die Provinsie Regering om regering en privaatsektor te trou, word baie sterk deur ons aan hierdie kant van die Huis ondersteun. Dit is verblydend, aangesien dit tot verskeie nuwe gesamentlike projekte kan lei. Die bou van hierdie konvensiesentrum kan die nodige hupstoot aan toerisme verleen, wat miljarde buitelandse valuta na die Wes-Kaap kan laat inrol. Dit sal die ekonomie verder stimuleer en buitelandse investeerders verder positief maak. Nuwe werkgeleenthede wat gebiedend noodsaaklik is vir groei in ons provinsie, is ook verder hiermee verseker.

Mnr die Speaker, hierdie konvensiesentrum kan beskou word as een van die doelwitte van die Provinsiale Regering om 'n nuwe poort in toerisme in Afrika en betekenis aan toerisme aan die suiderpunt van Afrika te gee. Konferensies sal hoofsaaklik konsentreer op die inbring van buitelandse klinte. Die bou en die ontwikkeling van die konvensiesentrum op sigself skep nuwe werkgeleenthede vir professionele sakemanne, maar sal terselfdertyd ook die probleem van werkskepping in die arbeidsfeer, waaraan daar 'n groot behoefte in die Wes-Kaap is, aanspreek.

Die sukses van hierdie konvensiesentrum gaan grootliks afhang van professionele internasionale bemarking, doeltreffende skakeling en effektiewe kordinasie tussen die onderskeie rolspelers. Hierdie nuwe toeriste-trekpleister kan die saadjie wees tot verdere internasionale investering in die Wes-Kaap. Dit op sigself kan verseker dat entoesiastiese entrepreneurs, wat besoek by die konvensiesentrum afl, nuwe moontlikhede in die Wes-Kaap raaksien en nuwe innoverende gedagtes na vore bring.

Mnr die Speaker, ek wil my opregte dank uitspreek teenoor die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme en die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning. Hulle is die Ministers van toerisme. Ek wil ook my dank oordra aan me Laurine Platsky, mnr Pierre Oosthuizen en me Carol Johnson. Ons aan hierdie kant van die Huis wil ons opregte dank aan hulle oordra - ek dink dit is net goeie maniere.

Meneer, ek wil namens die lede van my party 'n beroep doen op die agb lede van die opposisie: kom ons haal politiek uit toerisme. Kom ons maak hierdie konvensiesentrum ons gesamentlike sentrum. Toerisme in hierdie provinsie vra dit van elke Wes-Kapenaar. Kom ons maak hierdie konvensiesakesentrum in belang van die Wes-Kaap werk. [Toejuiging.]

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ingeval daar enige twyfel in die Huis is, wil ek graag bevestig - soos die agb lid mnr R Williams gemaak het - dat die ANC die konvensiesentrum ondersteun. Ons het dit in die staande komitee ges, en sal dit vandag weer doen - ons ondersteun die konvensiesentrum en het dit nog altyd ondersteun.
Dit is egter 'n ander kwessie as die wyse waarop ons as wetgewers wetgewing in die Huis hanteer, en in die Parlement as geheel. As ons wetgewing hanteer, of dit die konvensiesentrumwetgewing of enige ander wetgewing is, is dit ons verantwoordelikheid en verpligting om daaroor na te dink en so deeglik moontlik ingelig te wees oor die onderhawige kwessies.

Mnr die Speaker, in albei opsigte het die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling misluk. Ons het nie genoeg tyd gehad om behoorlik na te dink nie en ons het nie al die inligting tot ons beskikking gehad nie. Op daardie vlak het die ANC sy besware teen die proses ter Tafel gel.

Die sleutelvraag is: waarom is hierdie wetgewing tot so laat gelos? Die eerste aandeelhouersooreenkoms is op 6 Junie 1999 onderteken. In daardie stadium moes die Provinsie geweet het dat hulle magtigende wetgewing nodig sou h om die aandeelhouding te magtig. In daardie stadium was daar egter geen wetgewing nie; dit was nie eens in die beplanningstadium nie.

Op 3 Desember 1999 is die tweede aandeelhouersooreenkoms onderteken, en daar was nog steeds geen wetgewing aan die kom nie. Toe, met 'n geskarrel, het die Departement van Ekonomiese Sake besef dat ingevolge Deel 2 van die Convenco-ooreenkoms die spertyd vir wetgewing 30 Junie 2000 was, en indien hulle nie die spertyd sou haal nie, die Provinsie ingevolge die ooreenkoms aan die proses onttrek sou word en die ooreenkoms sou verval. Hulle het toe besef dat ons vandag ons laaste vergadering voor die reses sou h, en hulle moes dus die Wetsontwerp deurdruk.

Mnr die Speaker, skielik, in 'n verbysterende stap aan die kant van komiteelede, het die staande komitee nie die aandeelhouding goedgekeur nie, omdat dit die prerogatief van die Kabinet was. Ten tweede het hulle besef dat klousule 2 uitdruklik bepaal het dat ons besig was om 'n aandeelhouding goed te keur. Toe die ANC gevra het hoe 'n aandeelhouding goedgekeur kan word sonder om na die aandeelhouersooreenkoms te kyk, het die Nuwe NP- en die DP-lede, saam met die voorsitter, teen ons standpunt ingeneem en ges dat dit twee heeltemal afsonderlike sake was. Dit is verbysterend en ongelooflik. Ons was besig om aandeelhouding goed te keur, maar dit was nie vir ons nodig om na die besonderhede van die aandeelhouding te kyk nie! Dit is onaanvaarbaar.

Mnr die Speaker, ek wil graag 'n klein voorbeeldjie gee van wat fyndruk aan ons doen. Ek wil die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme - wat oor 'n skerpsinnige regsbrein beskik - graag verwys na die "Convenco Agreement" op bl 5, die tweede ooreenkoms, as hy dit voor hom het. Dit is 'n eenvoudige voorbeeld van fyndruk en waarom ons daarna moet kyk. In die omskrywingsklousule word die "Provinsie" omskryf as die "Regering van die Westelike Provinsie", en dit sluit die opvolgers daarvan in. Die Huis behoort ingelig te word dat daar nie iets soos "Regering van die Westelike Provinsie" is nie. Daar is nie so iets nie! Daar is 'n Westelike Provinsie Krieketspan, Rugbyspan, Hokkiespan - soos die agb Leier van die Opposisie weet - en baie ander goed wat "Westelike Provinsie" genoem word, maar daar is nie iets soos 'n "Regering van die Westelike Provinsie" nie.

Mnr die Speaker, hierdie dokument vervang die eerste dokument, en in die eerste dokument word die Provinsie reg omskryf - "Provinsie" beteken "Provinsie van die Wes-Kaap". In hierdie ander dokument word ons iets heeltemal anders genoem. Hierdie dokument is dus nie regtens afdwingbaar nie. Enige regsgeleerde kan hierdie dokument na die hof neem en s dat daar nie so 'n regspersoon soos die "Regering van die Westelike Provinsie" is nie. [Tussenwerpsels.] Die Grondwet omskryf ons nie eens as 'n "Regering van die Westelike Provinsie" nie, maar wie se handtekeninge verskyn onderaan die dokument? Ek kan nie hierdie gekrabbel ontsyfer nie, maar ek dink dit is die handtekeninge van die agb Ministers van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en van Ekonomiese Sake en Toerisme. Hulle het nie 'n gemeenskaplike interpretasie van die omskrywing van "Provinsie" nie. Dit is eenvoudige fyndruk. Ons wou nie hierna kyk nie, omdat dit nie toepaslik was nie; nogtans onderteken ons dokumente met sulke inkonsekwenthede!

Mnr die Speaker, ek wou hierdie sake tydens die komiteevergadering ophaal, maar ek is gemuilband deur lede in die vergadering wat teenoor die voorsitter aangedui het dat hy my moes stil hou. Ek het ges dat ek sou stilbly en my kwessies vandag hier sal ophaal. Dit is die kwessies hierdie.

Ons het nog steeds nie duidelikheid nie, want die Wet op Bestuur van Openbare Finansies hanteer nie hierdie nuwe wese wat ons hier skep nie. Dit is 'n heeltemal nuwe wese. Nasionaal is daar geen ander voorbeeld van hierdie soort wese nie, hierdie "beleggings- private maatskappy" wat ons skep nie, en dit word derhalwe nie deur die Wet op Bestuur van Openbare Finansies gedek nie.

Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het ges dat ons dit as 'n blote oordrag van geld aan 'n ander instelling moes beskou, en die voorbeeld gebruik van die Departement van Maatskaplike Dienste, wat dit doen. Dit is nie 'n blote oordrag van geld aan 'n NRO nie; dit is die aankoop van aandele in 'n maatskappy wat aandele hou. As enige van ons aandele koop, wat doen ons? Ons bel, en dit is 'n ernstige vraag of hierdie Provinsie oor die bevoegdheid beskik om te bel.

Ek wil die agb Minister en agb lede in die Huis wat nie na die aandeelhouersooreenkoms wou kyk nie, graag vooraf waarsku dat daar 'n Konsepwetsontwerp op Munisipale Finansies is, soortgelyk aan die Wet op Bestuur van Openbare Finansies, wat nog nie gepubliseer is nie - dit sal eers Vrydag gepubliseer word - wat beleggings deur munisipaliteite met terugwerkende krag onwettig maak. Wat sal ons dan doen? Ons het onsself verbind tot 'n aandeelhouersooreenkoms wat finansile verpligtinge oor die langer termyn kan meebring, sonder om die aandeelhouersooreenkoms te oorweeg.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: En ons loop die risiko ... [Onhoorbaar.] 

*Me T ESSOP: En ons loop daardie risiko, terloops. Ons het vrywaring aan almal gegee!

Ten derde, mnr die Speaker, het die Provinsie nie enige samesprekings gevoer met die nasionale Tesourie oor die entiteit wat ons besig is om te skep nie. Dit was 'n nuwe konsep hierdie - sou ons leiding kon kry? Daar was geen onderhandelings nie, geen besprekings oor wat ons daarmee sou doen nie - ons ken nie die besonderhede nie, maar ek maak hierdie aantyging gegrond op 'n gebrek aan inligting op die vlak van die staande komitee, want hulle wou dit nie h nie. Ek beweer dat daar baie min of geen nasionale Tesourie-betrokkenheid by die proses was ten opsigte van die aandeelhouersooreenkoms en die stigting van die aandeelhoudende maatskappy.

Ons is besig om nuwe terrein te betree, en ek sou die agb Minister aanmoedig om samesprekings met die nasionale Tesourie te voer om uit te vind of ons in orde is. Ek sou aan die hand doen dat dit in die gesindheid van samewerkende regering gedoen word. Laat ons dit nie op ons eie doen nie.

Mnr die Speaker, die ANC het die kwessie van bemagtiging opgehaal. In die tweede Convenco-ooreenkoms is daar 'n kort klousule oor bemagtiging wat eenvoudige kwessies bevat. Dit omskryf bemagtiging in terme van die TAPS-program van SunWest, en agb lede sal dit nie glo nie, maar dit verwys na die tienpuntplan, wat nou 'n dinosourus is! Die ooreenkoms verwys glad nie na die Wet op Voorkeurverkryging wat op nasionale vlak goedgekeur is nie. In plaas daarvan praat dit oor die tienpuntstelsel, wat lankal verdwyn het. Die ANC sal in hierdie verband 'n wysiging op die Wetsontwerp voorstel. Ons hoop dat die Huis ons sal ondersteun in 'n sterker standpunt oor regstellende optrede beleidsrigtings in die konvensiesentrum. Ons praat die taal van bemagtiging; kom ons voeg die daad by die bemagtigingswoord.

Mnr die Speaker, dit bring my by die volgende punt, naamlik verteenwoordiging in die raad. Die raad bestaan uit 12 lede - en ek bespreek nie nou die alternatiewe lede nie - en hulle is almal mans. En raai wat? Drie van daardie mans is swart; die res is blank. Ek bring weer die rassekwessie hier in, want dit is wat ek van plan is om te doen - drie van hulle is swart. Dit is hoegenaamd nie verteenwoordigend nie, en dit moet aandag geniet.

Ek wil 'n wesenlike probleem ophaal waaraan ons nie aandag kon gee nie omdat ons nie die geleentheid gebied is om na die aandeelhouersooreenkoms te kyk nie. Ek het gisteraand na Convenco se webtuiste gegaan en die lys van raadslede uitgetrek. Blykbaar was die enigste CVs wat aan hierdie lys gekoppel is, di van die agb Ministers van Ekonomiese Sake en Toerisme en van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning, en mnr Ian Douglas en nog 'n heer.

Mnr die Speaker, die CV van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het iets interessants bevat. In 'n paragraaf op die webtuiste van die konvensiesentrum word ges dat hy ook 'n direkteur van en aandeelhouer in verskeie private openbare hotelle, restaurante en toerismeverwante maatskappye is.

*Mnr P C MCKENZIE: Baantjies vir boeties.

*Me T ESSOP: Wat s die Grondwet? In Hoofstuk 6, onder "Gedrag van lede van Uitvoerende Rade" ...

Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID, SPORT EN ONTSPANNING: [Onhoorbaar.]

Me T ESSOP: ... - as die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning graag sou wou luister - haal ek aan uit subartikel 136(2)(b):

(2) Lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie mag nie -

(b) optree op enige wyse wat met hul amp onbestaanbaar is, of hulself blootstel aan enige omstandigheid wat die risiko inhou van 'n botsing tussen hul amptelike verantwoordelikhede en hul private belange nie; ...

Hier gaan ons. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het sy private belange in die hotelbedryf. Die oprigting van 'n hotel is 'n sentrale kenmerk van die konvensiesentrumooreenkoms, nie waar nie? [Tussenwerpsels.]

Kom ek skuif die Grondwet eenkant toe, ingeval agb lede bekommerd is dat die Grondwet nie van toepassing is nie! Hier het ek 'n Ministerile handboek. Wat bepaal dit in een van die klousules? Ek haal aan:

Ministers or immediate dependant members of the family of Ministers may not serve on the boards of public companies or own shares in companies directly connected with the Minister's official duties.

As dit nie 'n direkte botsing van belange is nie, weet ek nie. Daar is ander raadslede. In die komiteevergadering het ek die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning gevra wie in die raad 'n botsing van belange gehad het. Die agb Minister het nie vir een oomblik sy eie naam genoem nie; hy het die naam van mnr Otto Stehlik genoem, wat bande met die Protea Hotelgroep het. Toe ek die agb Minister gevra het of mnr Stehlik homself onttrek het, het hy ges, "Die man beskik oor kundigheid, en dit is waardevolle kundigheid en ons het dit nodig." Daar is geen onttrekkingsklousule in die eerste aandeelhouersooreenkoms of die tweede ooreenkoms nie.

Hulle sal weer eens die benadering gebruik om hul kieserskorpse te bevorder. Deur in die raad van die konvensiesentrum te dien, sal die agb Ministers van Ekonomiese Sake en Toerisme en van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning weer eens bemagtigingspraatjies maak, maar wie in die provinsie sal bemagtig word? Ons sal daardie spesifieke aspek noukeurig dophou.

Daar is reeds konflik, hoewel die projekbestuurspan veronderstel was om 'n vennootskap te wees. Daar was verskeie twiste in die raad oor of dit slegs Revel Fox moet wees en of ons iemand anders moes probeer. Ek sou graag wou weet wie wie is in hierdie groot deurmekaarspul mense.

Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme waarsku oor die opskortende klousules, die grondkwessie. Daar is verskeie opskortende klousules in hierdie ooreenkoms, maar een sodanige klousule bepaal dat goedkeuring vir sonering en grondgebruik verkry moet word. Ons het nie die geleentheid gekry om hierdie vraag te stel nie, maar ek vra nou die agb Minister of hy goedkeuring vir sonering en grondgebruik het, en wie besit die grond? Volgens hul ooreenkoms is dit "en/of die Provinsie". Daar is nie duidelikheid nie. Is dit die Stad Kaapstad, of is dit die Provinsie? Die ooreenkoms lui "en/of". Ons wil graag duidelikheid h oor wie die grond besit en of dit afgehandel is. Die opskortende klousules tree op 6 Desember 2000 in werking en as die grondeienaarskapkwessie nie uitgestryk is nie, sal dit 'n probleem wees.

Ter wille van agb lede wat nie die ooreenkomste gelees het nie, wil ek graag daarop wys dat daar tussen die een ooreenkoms en die ander 'n verandering in aandeelhouersrelings is. In die eerste ooreenkoms was dit werklik eenvoudig - elk van die vennote het 'n gelyke deel gehad - 100:100:100. Skielik is daar in die nuwe ooreenkoms 'n lang graderingstelsel van aandele. Die Provinsie kry hulle soort aandeel, en die KMR en die Stad Kaapstad ontvang hul aandele; SunWest ontvang 140 aandele; en daar is gelykwaardige aandele, en so meer. Dit is 'n heeltemal nuwe graderingstelsel waaroor ons nie toegelig is nie en ons weet nie wat die implikasies daarvan is nie.

Mnr die Speaker, ek hoop ek het nog tyd, want ek wil nou by die laaste punt uitkom. In die gesprek tydens die komiteevergadering het die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme geweier om 'n klousule te skrap wat na my mening oortollig was. Daardie klousule was soos 'n tjekboekbenadering tot sake. Klousule 5(1) sou vir alles voorsiening gemaak het, maar toe het ons klousule 5(2) wat lui, en ek haal aan:

Behoudens subartikel (1) hierbo verhinder niks die provinsiale regering om te enige tyd verdere finansile bydraes te maak of bykomende aandele in Convenco op te neem nie.

Die agb Minister het baie sterk argumente gehad oor waarom dit moes bly. Hy het byvoorbeeld ges dat die eerste deel van die klousule slegs die Convenco-ooreenkoms gedek het, en nie die aandeelhouersooreenkoms nie. Ons het 'n lang debat gevoer en die geleentheid is nie aan my gebied om daardie debat klaar te maak nie. Ek wil die agb Minister meedeel dat daar inderdaad 'n subartikel in hierdie ooreenkoms is wat bepaal dat ons as die openbare sektorkomponent van die ooreenkoms aandele kan koop, onderworpe aan 'n maksimum van R60 miljoen. Ek herhaal, dit is onderworpe aan 'n maksimum - nie 'n minimum nie - van R60 miljoen. Waarom wil ons 'n subartikel 5(2) behou vir verdere bydraes of om bykomende aandele te koop as ons ons in die ooreenkoms self beperk het tot die aankoop van aandele met 'n maksimumwaarde van R60 miljoen? Dit maak nie sin nie. Dit is dalk vir die agb Minister baie irriterend om vandag op hierdie vrae te antwoord, maar ons is nie tydens die komiteevergadering die geleentheid gebied om die vrae te stel nie; dus maak ons nou gebruik van ons geleentheid. Ek wil die Huis graag bewus maak van die feit dat ons ook 'n amendement in hierdie verband tydens die Komiteestadium gaan voorstel.

Die staande komitee het nie die geleentheid gehad om behoorlik oor hierdie saak na te dink nie. Ek wou nie betrokke raak by die emosionele bespreking en oor die ANC se teenkanting teen die konvensiesentrum nie, wat 'n haas opjaery en algehele onsin is, maar die ANC was gekant teen die wyse waarop die wetgewing in die staande komitee hanteer is, die tydsberekening ... [Tyd verstreke.]

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek dank u vir die geleentheid om repliek te lewer. Ek dra ook my dank oor aan al die lede wat aan die debat deelgeneem het.

Meneer, ek wil heel eerste die agb lid mnr N M Isaacs bedank vir sy ondersteuning. Ek dink ek het die Wetsontwerp op die Kaapse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy deeglik behandel, dus hoef ek nie verder daarop in te gaan nie.

Die agb lid mnr R Williams het aan die een kant sy ondersteuning van die Wetsontwerp uitgespreek, en aan die ander kant kritiek daarop gelewer. Ek weet nou nog nie mooi of die ANC die Wetsontwerp ondersteun of nie. Ons sal binnekort sien. [Tussenwerpsels.]

*Mnr die Speaker, die benadering van die agb lid mnr R Williams laat my 'n bietjie dink aan die klint wat werklik daarvan hou om te sien dat 'n pragtige omelet op 'n silwer bord die eetkamer binnegedra word, maar heeltemal nie bereid is om die breek van die eiers en die morsige proses om eintlik die omelet in die kombuis te maak, te hanteer nie. [Tussenwerpsels.] Die agb lid wil graag die konvensiesentrum h, maar hy openbaar 'n merkwaardige belangeloosheid in en gebrek aan waardering vir en ondersteuning van die werklike skepping van 'n proses wat in baie opsigte die moderne ekwivalent van 'n katedraal is. In die ou tyd het hulle katedrale in stede gebou; deesdae bou hulle konvensiesentrums.

Ek wil die agb lid meedeel dat die Huis nie gevra word om enige aandeelhouersooreenkoms te bekragtig of te magtig nie. Dit word bloot gevra om aandeelhouding in daardie maatskappy te magtig, asook die bydraes daarvan.

Wat waarborge betref, is dit onregverdig om in die Huis te beweer dat ons nie daaraan aandag gegee het nie. Ons het dit breedvoerig in die staande komitee hanteer. Die antwoord is baie eenvoudig. Hoewel daar geen beperkings op munisipaliteite is ten opsigte van die aangaan van waarborge nie, is daar op provinsiale regerings. Dit verg die instemming van verskeie ander liggame, maar indien 'n mens daardie instemming bekom, kan jy 'n waarborg aangaan. Dit sou sekerlik op ons van toepassing wees, net soos wat daar ander besluite is waarvoor ander openbare owerhede verdere goedkeuring van ander moet verkry om aan te gaan. Party van hulle was vroer vandag ter sprake. Dit beteken nie dat 'n mens dit nie kan doen nie; dit beteken bloot dat 'n mens die regte prosedures moet volg. Dit was duidelik nog die hele tyd in die gedagtes van sowel die regsmense as die direkteure. [Tussenwerpsels.]

Ons pleeg nie bedrog teen enige ander aandeelhouers nie. Hierdie aangeleentheid is verskeie male deur ons raad bespreek. Ek dink nie dat die agb lid in die openbaar iets soos dit moet beweer as hy nie inderdaad oor die soort bewys beskik wat 'n mens nodig het om aantygings van daardie aard te maak nie. [Tussenwerpsels.] 

Die agb lid mnr E Isaacs het die uitmuntende voorbeeld van die Caf Royal in Londen genoem. Hy het beklemtoon dat dit baie belangrike ontmoetingsplekke in 'n wreldwye konteks is. Hy het na die uitleg en die bedryfsbegroting gekyk. Ek bedank hom ook werklik vir sy bydrae. Dit lyk asof hy op die oomblik diep in gesprek met 'n ander agb lid is.

Die agb lid mnr Silke het na die kritieke belangrikheid van hierdie sentrum vir Kapenaars, onder andere, verwys. Ons moet toegee - en dit het ook in party van die ontwerpaanbiedings na vore gekom - dat die Kaapse Maleise gemeenskap in die besonder 'n gemeenskap is wat in hul kultuur opgaan in huwelike en ander openbare sosiale funksies, en dit vier. Aandag is in die ontwerp van die sentrum daaraan gegee om te verseker dat dit ook 'n wonderlike nuwe fasiliteit vir daardie gemeenskap kan wees. Ek bedank die agb lid.

Die agb lid mnr Gelderblom het 'n paar werklik kritiese aspekte, dink ek, uitgelig. Die eerste aspek was die vennootskap tussen nie net die openbare owerhede nie maar inderdaad ook met die privaatsektor. Ek sal later daarop terugkom. Wat egter krities belangrik is, is dat 'n mens mense se kundigheid nodig het. Ek en nie een van die ander openbare sektor direkteure was al ooit betrokke in 'n projek van hierdie omvang nie. Ons kry insette van absoluut onskatbare waarde van direkteure uit die privaatsektor wat daarmee handel. Dit is 'n baie goeie openbare/privaatsektor vennootskap in daardie bepaalde konteks.

Ek dink dit gaan vir ons, soos die reg s, groot dividende in terme van buitelandse investering bring omdat baie van die mense wat hier kom nog nooit voorheen in Kaapstad was nie. Ek het met konferensiegangers gesels wat in Februarie hier was vir die Harvard Besigheidskool se alumnikonferensie. Baie van hulle was vir die eerste keer hier en hulle het sommer huise gekoop. Dit is baie interessant. Dit is 'n baie wonderlike manier om hulle te betrek.

Die agb lid se punt om politiek uit toerisme te hou, is baie geldig. Ek sal nou daarby kom. Dit is 'n ooreenkoms wat ek onder andere met die nasionale Minister van Omgewingsake- en Toerisme het. Ons eerbiedig dit aan beide kante. Dit bring groot dividende vir ons provinsie. Ek bedank die agb lid mnr Gelderblom vir sy bydrae.

*Mnr die Speaker, die agb lid me Essop het verskeie kwessies opgehaal waarop ek graag antwoord. Dit is altyd vir my aangenaam om met haar te debatteer en dit lyk asof sy ook uitsien na die vooruitsig. Dit is interessant dat indien 'n mens 'n Wetsontwerp wil deurkry, dan vertraag jy dit te veel, en as jy dit te vroeg bring, dan jaag jy dit deur. 'n Mens kan partykeer werklik nooit mense tevrede stel nie.

Die agb lid het my 'n bietjie laat dink aan iemand wat desperaat op soek is na 'n vyeblaar. Ek moet haar egter ten eerste bedank omdat sy daardie ooreenkomste deurgelees het. Sy was op soek na 'n groot weglating in die regstegniese skryfwerk, en sy het rondgevroetel en afgekom op die omskrywing van die Provinsie. Ek moet haar gelukwens daarmee dat sy dit raakgesien het. Ek dink dat dit baie goed is. Ek moet haar net meedeel dat 'n mens in gevalle soos daardie, of in regsinterpretasie, altyd kyk na die oogmerk van die opsteller. Sy weet duidelik dat die oogmerk was dat ons na die Wes-Kaap verwys. Dit was 'n goeie poging, maar dit sal nie die regsgeldigheid van die ooreenkomste vernietig nie. Volledigheidshalwe moet sy ook s dat ek, sy en ons regsmense lang besprekings in die staande komitee gevoer het oor 'n groot klomp van die sake wat sy opgehaal het.

Kom ek antwoord op 'n paar van die kwessies wat opgehaal is. Ten opsigte van die aankoop van aandele het ons regsadvies ingewin. Ons kan aandele aankoop, en dit is inderdaad wat ons in hierdie ooreenkoms doen. 

Wat ons onderhandeling met die nasionale Tesourie betref, het ons as Regering sekerlik die volle reg om op die advies van ons eie senior amptenare staat te maak. Ons Tesourie het dit breedvoerig behandel. Hulle het samesprekings gevoer met die staande komitee en hulle het hoegenaamd geen probleem met die finansile relings en die aard van hierdie Wetsontwerp nie. Ek vertrou hul oordeel, net soos ek die oordeel van ons ander amptenare vertrou, en daarom is ek baie gelukkig en baie gemaklik met daardie oordeel. Ek dink nie dat daar enige weglating was in die feit dat ons nie met die nasionale Tesourie onderhandel het nie. Ek dink dat ons self kan nadink en as Provinsiale Regering vir onsself kan dink.
Oor die bemagtigingskwessie wil ek agb lede meedeel dat ons gebind is deur die Dobbelraad se ooreenkomste ten opsigte van bemagtiging. Met ander woorde, die minimum bemagtigingsvereistes wat in die huidige bod vervat is, veral ten opsigte van die metropolitaanse casinolisensie, moes na hierdie ooreenkoms oorgedra word. Dit is ver voor die tienpuntplan.

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.] 

Die MINISTER: Die agb lid was nie by een van daardie aanbiedings nie. Ons het 'n bemagtigingskundige in die evalueringspanne van ons tegniese komitees gehad. Dit het die maatskappy 'n klomp geld gekos om hom in diens te neem. Hy is 'n professionele persoon. Hy het uitstekende werk gedoen en seker gemaak dat die maatskappy deur 'n onafhanklike evaluasie aan daardie bemagtigingsvereistes voldoen.

Dan het ons die kwessie van verteenwoordiging gehad. Elke rolspeler is verantwoordelik vir die aanstelling van sy direkteure. Business Cape het hul direkteure aangestel. As ek na mense se kundigheid kyk, kyk ek nie na hul kleur nie. Ek kyk na die bydrae wat hulle kan lewer. Daardie mense bring uitstekende kundigheid in en kundigheid hang nie van kleur af nie. Ek is daarom baie gelukkig met die samestelling van die raad soos dit daar uitsien. [Tussenwerpsels.]

*Mnr M OZINSKY: [Onhoorbaar.] ... Afrikaan in u ... [Onhoorbaar.]

*Die MINISTER: Ons het blanke en swart kundigheid wat die raad bystaan. [Tussenwerpsels.] 

Mnr die Speaker, die agb lid het 'n groot bohaai gemaak oor die posisie van my kollega, die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning, wat 'n direkteur van maatskappye is. Laat my ten eerste s, met verwysing na dieselfde handboek waaruit die agb lid aangehaal het, dat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning nie 'n direkteur van enige openbare maatskappy is nie. Hy word nie daardeur gediskwalifiseer nie. Hy is direkteur, sover ek weet - en hy het die agb Premier volledig daaroor ingelig - van private maatskappye.

Ten tweede, indien ons betrokkenheid in enige optrede wat verband hou met wat ons in die openbaar doen, ons van deelname uitsluit, dan word elke agb lid in hierdie Huis wat byvoorbeeld 'n huis besit, daarvan weerhou om in enige saak wat met beplanning en so meer, verband hou, te bespreek. [Tussenwerpsels.] Ons het verskeie ... [Tussenwerpsels.] Daardie agb lid het 'n kans gehad. Hy moet na die ander kant luister. Ons het verskeie direkteure in ons raad wat daar is vanwe hul kundigheid.

Daar is Brian McDonald, wat die HUB en eienaar van Global Conferences is. Hy organiseer wreldwye konferensies. Dit is in sy belang dat ons inderdaad 'n konvensiesentrum in Kaapstad het. Hy sal beter sake doen as dit daar is. Sy bydrae tot die konvensiesentrum is onontbeerlik, want indien 'n mens nie ondernemers en mense het wat konferensies organiseer nie, weet jy nie hoe om 'n konferensiesentrum uit te l nie. In Durban moes hulle, omdat hulle nie oor daardie kundigheid beskik het nie, inderdaad verskeie dele van die sentrum afbreek nadat dit opgebou is en dit weer saamstel. Ons het mense in die raad wat hoteleienaars is, want hulle ken die toeristebedryf en hulle neem daaraan deel.
*Mnr C M DUGMORE: Soos Markovitz.

*Die MINISTER: Ek het volle vertroue in hulle. Die sleutelaspek is dat indien daar 'n botsing van belange is wat 'n direkte uitwerking op die finansile bedrywighede of transaksies van 'n lid het, moet hulle hulself onttrek, en hulle sal dit doen.

*Me T ESSOP: Het hulle?

*Die MINISTER: Al die direkteure het hul belange verklaar. Byvoorbeeld, toe mnr Hennie Taljaard op die kortlys vir die pos van HUB geplaas is, het hy homself aan alle besprekings onttrek.

*Me T ESSOP: [Onhoorbaar.] ... hulself onttrek aan die bespreking oor die hotelle.

*Die MINISTER: Dit is die integriteit van direkteure. As 'n mens inderdaad opstaan en stellings soos daardie een maak, betwyfel jy die integriteit van individue wat werklik 'n bydrae wil lewer.

Me T ESSOP: [Onhoorbaar.] 

Die MINISTER: Wat my betref, ek wil in die openbaar bevestig dat ek vertroue in die integriteit het van die mense wat daar is, en dat ek persoonlik waaksaam sal wees om te kyk of daar enige botsing van belange is en te eis dat mense hulself onttrek.

Die agb lid moet ook baie versigtig wees met wat sy oor die ontwerpspanne s. Mense het 'n hele keurproses deurgaan en hulle het verskillende sterkpunte gehad. Party van hulle was sterker in ontwerp en ander in projekbestuur, en ons wou 'n kombinasie van daardie vaardighede h.

Wat grondgebruik en soneringsbeplanning betref, moet dit vanselfsprekend, soos in enige groot projek van hierdie aard, deur die toepaslike openbare owerheid goedgekeur word, wat in hierdie stadium die Stad Kaapstad is. Oor wie die grond besit, volgens 'n regsmening wat ons ingewin het, word die grond deur die Provinsiale Regering besit. Een derde van enige opbrengs van al die Strandgebiedgrond - en dit dateer terug na die Wet op die Strandgebied van die 1950s - moet egter aan die Stad Kaapstad gaan. Dit is die ooreenkoms. Daardie owerhede het gesamentlik ingestem om die grond - as 'n openbare bydrae - op 'n huurgrondslag aan die maatskappy beskikbaar te stel.

Oor wie die aandele besit, die stemdraende aandele word deur die openbare owerhede besit. Die nie-stemdraende aandele word deur SunWest besit, want die spesifieke bydrae wat hulle moes lewer, moes sakebelastingvriendelik wees.

Mnr die Speaker, ons het klousule 5(2) breedvoerig in die staande komitee gedek. Die feite is doodeenvoudig die volgende. Ons moet die feit in gedagte hou dat elke suksesvolle konvensiesentrum in 'n spesifieke stadium uitgebrei word omdat sy ruimte op raak. Daardie uitbreiding sal waarskynlik mettertyd - dit kan drie jaar, vyf jaar of 10 jaar wees - 'n bydrae deur hierdie Regering verg. Die aandeelhouers sal egter nie dieselfde as die huidige aandeelhouers, soos in die Desember-ooreenkoms, wees nie. Die eerste punt is dat daar geen Stad Kaapstad en geen KMR sal wees nie. Hulle gaan dit in November kombineer. Die tweede punt is dat SunWest nie 'n bydrae gaan maak nie. Ons moet in hierdie ooreenkoms daarvoor voorsiening maak en daardie ooreenkomste wat nog moet volg, vooruitloop.

Ek wil afsluit, mnr die Speaker. Dit is vir my baie vreemd dat die Stad Kaapstad, in die persoon van mnr Saleem Mowzer, wat volgens my jongste inligting nie in die DP nie maar in die ANC is, in ons konvensiesentrum-maatskappy 'n baie entoesiastiese ondersteuner van hierdie konvensiesentrum is. Hy doen alles wat hy kan om dit te ondersteun. [Tussenwerpsels.] Nogtans, nadat ons die vraagstukke hier breedvoerig bespreek het, kry ons die soort bykans afbrekende gedrag wat ek hier deur die ANC-kant waargeneem het. [Tussenwerpsels.] Die vraag wat ontstaan, is: is die hele vertoning wat ons so pas van die ANC-kant gesien het, nie net die een of ander poging tot politiekery en die Wetsontwerp net 'n gerieflike instrument wat op daardie oomblik opgeduik het nie? [Tussenwerpsels.]

Ek het probeer om breedvoerig te antwoord op die vraagstukke wat opgehaal is. Ek het vertroue dat die Wetsontwerp in hierdie vorm reg is, afgesien daarvan dat dit nodig is, en ek versoek die Huis om dit goed te keur en te ondersteun.

Debat afgesluit.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

*Die SPEAKER: Orde! Daar is aangedui dat daar 'n wysiging sou wees wat in Komitee van die hele Huis hanteer moet word. Ons sal derhalwe nou in Komitee gaan.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees neem die Stoel in.

WETSONTWERP OP DIE KAAPSTADSE INTERNASIONALE
KONVENSIESENTRUM-MAATSKAPPY [W9B-2000]

(Komiteestadium)

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek sal nou oorgaan tot die stel van die klousules van die Wetsontwerp.

Klousules 1 en 2 goedgekeur.

Op klousule 3,

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek stel voor:

Dat op bladsy 7, na rel 23, die volgende nuwe paragraaf ingevoeg word:

(2) In navolging van die oogmerke soos uiteengesit in subartikel (1), moet Convenco beginsels van regstellende aksie toepas ten opsigte van verkryging en aanstellings.

Die huidige (2) sal gevolglik tot (3) hernommer word.

Ek stel verder voor:

Dat op bladsy 7, in rel 25, na "uiteengesit" ingevoeg word:

	en in ooreenstemming met subartikel (2).

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek stel albei amendemente. Is daar enige besware teen die amendemente?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, die agb lid me Essop het nie aan my die hoflikheid bewys om my vooraf van 'n afskrif hiervan te voorsien nie. Ons het nie 'n geleentheid gehad om dit te oorweeg nie.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, met alle nodige respek, die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme het hiervan geweet, want hy het inderdaad in die staande komitee weer bevestig dat ons hierdie amendement vandag hier sal voorstel. Ek het bykans dieselfde bewoording gebruik as wat ek in die staande komitee gebruik het. [Tussenwerpsels.] Dit is waar. Hy het ges dat die ANC dit in die Huis sal voorstel, en dit is waarom die departement nie die amendement voorgestel het nie.

*Mnr P J MARAIS: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: is dit moontlik dat ons die amendement 'n bietjie beter kan hoor? [Onhoorbaar.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Sal die agb lid me Essop dit asseblief weer voorlees?

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek sal dit lees soos dit sal lui indien dit gewysig word. Klousule 3(1) omskryf al die oogmerke van Convenco. Die ANC wil graag 'n nuwe subartikel (2) insluit, wat dan soos volg sou lui:

	In navolging van die oogmerke soos uiteengesit in subartikel (1), moet Convenco beginsels van regstellende aksie toepas ten opsigte van verkryging en aanstellings.

Die huidige subartikel (2) sou subartikel (3) word en aan die einde van hierdie subartikel (3) sou ons dan invoeg:

	en in ooreenstemming met subartikel (2).

Dit sou moet voldoen aan sowel subartikel (1) en die nuwe subartikel (2) wat ons invoeg.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek stel die amendemente weer noudat dit 'n tweede maal gelees is. Is daar enige besware?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, ek dink die eerste amendement is in orde, met ander woorde, 'n nuwe subartikel (2), maar ek stem nie saam met die tweede amendement nie, want, om eerlik te wees, dit sou in elk geval daaruit volg. Ek sou saamstem met 'n nuwe subartikel (2), maar ek sou s dat die huidige subartikel (2) dan (3) moet word en dat die bewoording van hierdie subartikel moet bly soos dit is.
*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme aanvaar dus nie die tweede amendement nie, naamlik die invoeging in subartikel (2) wat as subartikel (3) hernommer is, wat soos volg lui:

	Dat op bladsy 7, in rel 25, na "uiteengesit" ingevoeg word:

		en in ooreenstemming met subartikel (2).

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Dit is korrek, me die Voorsitter, want, om eerlik te wees, ek dink die eerste amendement is voldoende.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek wil u graag hierop toespreek. Die rede waarom daar 'n gevolglike invoeging in die huidige subartikel (2) is, is sodat die Provinsie dan slegs aandele in Convenco mag hou indien hy die oogmerke, soos omskryf, nakom, en indien regstellende optrede beginsels toegepas word. Andersins is dit bloot 'n tandelose klousule in die Wetsontwerp. Ons s dat die Provinsie verplig is om op 'n sekere wyse op te tree. Hy mag slegs aandele hou indien hy die oogmerke nakom en die beginsels van regstellende optrede toepas. Dit is waarom hy aan sowel subartikel (1) as (2) van daardie klousule moet voldoen.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Wil die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme my hieroor toespreek?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, ons moet nie dink dat ons in hierdie verband belangriker is as wat ons is nie. Ons is nie besig om Convenco te stig nie. Convenco is gesamentlik gestig deur verskeie openbare liggame. Wat hierdie klousule doen, is om die Provinsie se direkteure te verplig om dit te bevorder. Indien enige ander openbare liggame inderdaad nie daaraan voldoen nie ... [Tussenwerpsels.] ...

Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! 

Die MINISTER: ... kan die direkteure self alles doen wat hulle kan, maar hulle kan nie ander openbare owerhede wat onafhanklike mandate het, daartoe verplig nie. Dit is waarom ek sou saamstem met die nuwe subartikel (2), en ek sou dink dat die agb lid dit as toereikend behoort te beskou en die tweede amendement laat wegval. Ek sou so aanbeveel.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! As ons nie in die Huis ooreenstemming bereik nie, sal ons die klousules tot stemming bring en ons sal dan daaroor moet stem. Ek sal aan agb lede elk twee minute gee om my hieroor toe te spreek.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, die agb Minister het presies ges wat ons deur hierdie klousule wil bereik. Ons wil 'n mandaat aan ons direkteure gee, aan wie ons in die Huis die magtiging gee om direkteure te wees, dat hulle in hul poste in die direksie van die aandeelhouersmaatskappy sover moontlik moet probeer om die inwerkingstelling van die beginsels van regstellende optrede te verseker. Ons het die bevoegdheid as die Provinsie om aan ons direkteure die mandaat of magtiging te verleen om dit te doen. Hierdie Wetsontwerp is in wese nie van toepassing op die ander aandeelhouers nie. Dit is van toepassing op die Provinsie en die Provinsie se rol in daardie aandeelhouersmaatskappy. Dit kan in geen opsig op enigiemand anders toegepas word nie. Dit is op ons van toepassing.
*Mnr P J MARAIS: Me die Voorsitter, ons moet ook realisties wees. Hoewel ons sou saamstem dat beginsels van regstellende optrede ook die beleid van hierdie kant van die Huis is, is dit nie altyd moontlik om 'n geskikte kandidaat te kry wat aan die maatstawwe voldoen en kragtens regstellende optrede in aanmerking kom nie. Dit sou nie afdoende rede wees om te s dat ons Convenco nie moet finansier nie. Daardie kant van die Huis behoort die agb Minister se toegewing te aanvaar en ons toe te laat om aan te gaan met die Wetsontwerp, want andersins sou dit onregverdig wees.

*Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, ... [Onhoorbaar.] Daar is nasionale wetgewing wat dit in elk geval dek. 'n Mens kan nie buite nasionale wetgewing werk nie. Daardie nasionale wetgewing geniet voorrang bo dit waarmee ons ook al nou besig is. [Tussenwerpsels.] Nou is dit onsin! Nou stem daardie agb lede nie met my saam dat daar nasionale wetgewing is nie. [Tussenwerpsels.]

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Wat ek nou gaan doen ... [Tussenwerpsels.] Orde! Ek gaan die twee amendemente nou afsonderlik stel. Dit lyk asof daar onder agb lede eenstemmigheid is oor die eerste amendement. Ek stel dus die nuwe klousule 3(2), wat soos volg lui:

	In navolging van die oogmerke soos uiteengesit in subartikel (1), moet Convenco beginsels van regstellende aksie toepas ten opsigte van verkryging en aanstellings.

Goedgekeur.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek stel nou die tweede deel van hierdie amendement, wat soos volg lui:

	Dat op bladsy 7, in rel 25, na "uiteengesit" ingevoeg word:

	en in ooreenstemming met subartikel (2).

Verdeling geis.

Die Komitee verdeel:

VOOR - 14: Brown L; Byneveldt S E; Dugmore C M; Essop T; Fransman M L; McKenzie P C; Ozinsky M; Phenduka N C; Phike L; Ramatlakane L; Rasool E; Stali Z C; Vantura M G en Williams R.

TEEN - 20: Adams F J; Adams G C; Bester H J; Gelderblom J P; Herandien C B; Isaacs E; Isaacs N M; Ismail A; Koornhof N J J; Marais P J; Meyer P; Morkel G N; Rossouw A; Silke D; Uys P; Van Rensburg H G; Van Zyl A E; Wiley M G E; Williams A J en Winde A R.

Amendement verwerp.

Klousule, soos gewysig, goedgekeur (met teenstem van ANC).

Klousule 4 goedgekeur.

Op klousule 5,

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, namens die ANC wil ek graag die volgende amendement voorstel:

	Dat klousule 5(2) geskrap word.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, die agb lid me Essop het nie beweegredes vir haar amendement verskaf nie, maar ek het wel in my repliek daarna verwys en verduidelik waarom ek die Huis baie sterk sou aanraai om dit nie te aanvaar nie. Kom ek neem die Huis deur die klousule en verduidelik dit aan hulle. Klousule 5(1) bepaal, en ek haal aan:

	Vir die doel van die maak van 'n finansile bydrae tot Convenco deur die provinsiale regering ... -

en dit is vir die doeleindes van hierdie amendement die sleutelwoorde -

	... ingevolge die Convenco-ooreenkoms of die opneem van aandele in Convenco ingevolge die aandeelhouersooreenkoms, mag die provinsiale Minister van Finansies slegs fondse bewillig ...

kragtens die normale begrotingsprosedure. Subartikel (2) bepaal, en ek haal aan:

	Behoudens subartikel (1) hierbo ... -

met ander woorde, altyd onderworpe aan die hor gesag van die Parlement se begrotingsbevoegdhede - 

	... verhinder niks die provinsiale regering om te enige tyd verdere finansile bydraes te maak of bykomende aandele in Convenco op te neem nie.

Verdere bydraes sal ingevolge verdere ooreenkomste moet geskied. Die Convenco-ooreenkoms is 'n baie spesifieke ooreenkoms met baie spesifieke partye. Ek kan aan die Huis 'n soliede, skriftelike waarborg gee dat enige verdere bydrae ingevolge verskillende ooreenkomste sal wees. Dit is ten eerste omdat die regspersoonlikhede van die huidige partye in November sal verander wanneer die Stad Kaapstad en die KMR een word. Ten tweede, indien ons enige bykomende kapitaal van 'n derde party gaan h, sal dit nie van SunWest kom nie; dit sal van 'n ander party kom.

Ons is besig om te werk om 'n suksesvolle konvensiesentrum te h wat ons mettertyd sal uitbrei en dan sal ons 'n bydrae nodig h. Dit is waarom hierdie spesifieke klousule nodig is. 'n Mens maak altyd wetgewing op grond van wat ten tyde van die wetgewing in die vooruitsig gestel kan word. So 'n uitbreiding kan nou in die vooruitsig gestel word.

Ek sou werklik die agb lid me Essop wou aanmoedig om hierdie amendement terug te trek, want daar is geen verskuilde agenda nie. As ons dit nou doen, bespaar ons eintlik vir hierdie Huis tyd en energie in die toekoms. Hierdie Huis sal in elk geval enige bydrae moet goedkeur waarvoor begroot gaan word. Ek sou dus sterk aanbeveel dat hierdie amendement nie goedgekeur word nie.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek het dit nie voorheen gemotiveer nie, want ek wou dit nou motiveer, en ek is regtig bly dat die agb Minister eerste gepraat het.

As 'n mens na die oorspronklike wetsontwerp kyk wat in die staande komitee hanteer is en die Wetsontwerp wat vandag voor die Huis dien - en dit is nie eintlik 'n motivering nie, maar 'n punt van prosedure of 'n versoek vir duidelikheid - sien 'n mens dat die bewoording in subartikel (1) heeltemal verander is. Geen formele amendement op klousule 5(1) is egter op die tafel geplaas nie.

Kom ek verskaf beweegredes waarom ek dit vreemd vind en duidelikheid wil h. Dit is vreemd. Me die Voorsitter, sal ek eers die kwessie van duidelikheid hanteer en dan my beweegredes verstrek, of sal ek nou my beweegredes verstrek?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid mag dit nou motiveer.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, dit is vreemd vanwe die volgende rede. In die staande komitee was die agb Minister se beweegredes daarvoor dat klousule 2 kernbelangrik was, die feit dat subartikel (1) dit tot die Convenco-ooreenkoms beperk het. In die wysigings op die Wetsontwerp is die oorspronklike "shareholders agreement" op die derde bladsy op die Engelse teks van die Wetsontwerp, in rel 35, in "Convenco agreement" verander.

Uit my handgeskrewe aantekeninge sien ek egter dat nadat ek in daardie stadium in die staande komitee die klousule aan die agb Minister voorgelees het, ek ges dat wat hy ges het, nie waar is nie. Subartikel (1) was dan op albei ooreenkomste van toepassing. Dit was op sowel die aandeelhouersooreenkoms as die Convenco-ooreenkoms van toepassing.

Boonop word die aandeelhouersooreenkoms in klousule 1(1)(xiii) van die Engelse teks omskryf as sou dit enige variasie daarvan insluit. Die aandeelhouersooreenkoms het dus verwys na die huidige ooreenkoms of enige wysiging of variasie daarvan. Ons het aangevoer dat, eenvoudig gestel, indien daar toekomstige wysigings aan Convenco sou wees, indien die situasie of aandeelhouers sou verander, 'n mens die Convenco-ooreenkoms ook sou moes verander. Die Convenco-ooreenkoms sou dus in die woordomskrywingsklousule opnuut omskryf kon word as "en enige variasie daarvan", soos hulle met die aandeelhouersooreenkoms gemaak het.

Dit is wat my laat wonder waarom subartikel (2) so dringend noodsaaklik is. Ons het in die staande komitee probeer om duidelikheid te verkry. Die verduideliking wat ons gekry het, was wat die agb Minister nou ges het, dat dit nie die aandeelhouersooreenkoms gedek het nie.

Die oorspronklike teks - en dit is waarom ek nou duidelikheid hieroor nodig het - het albei ooreenkomste gedek. Dit het die aandeelhouersooreenkoms gedek, want die oorspronklike teks het bepaal, en ek haal aan:

	Vir die doel van die maak van 'n finansile bydrae tot Convenco deur die provinsiale regering ingevolge die aandeelhouersooreenkoms ... -

en bygevoeg daarby -

	... of die opneem van aandele in Convenco ingevolge die Convenco-ooreenkoms ...

Albei ooreenkomste is dus in die oorspronklike teks gedek.

Subartikel (2) sou dus nie nodig gewees het nie. Dit was oortollig, want indien die Provinsie bykomende finansile bydraes ingevolge subartikel (1) wil maak, sou dit in elk geval gedek wees ingevolge die Aansuiweringsbegrotingsproses en ingevolge subartikel (1)(b).

Me die Voorsitter, ek het duidelikheid nodig oor waarom die bewoording verander is sonder dat amptelike amendemente hier ter Tafel gel is. Dit is 'n wesenlike amendement; dit is nie net 'n bewoordingsverandering nie, en dit is my beweegredes vir hierdie amendement.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Wat ons betref, is dit die amptelike Wetsontwerp hier vandag, tensy die agb Minister aan die Huis groter duidelikheid oor hierdie aangeleentheid kan verskaf.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, hierdie amptelike Wetsontwerp is soos dit deur die staande komitee gewysig is, en die staande komitee het nie so 'n wysiging aangebring nie. Dit moes hier ter Tafel gel gewees het, soos die ander amendemente, indien daar 'n bykomende amendement was. Daardie amendement verskyn nie in die staande komitee se amendemente op die Wetsontwerp [W9A-2000] nie, en dit is nie 'n tegniese verandering nie. Dit beperk subartikel (2) nou tot een ooreenkoms. In die oorspronklike was daar twee ooreenkomste.

*Mnr P J MARAIS: Me die Voorsitter, kan ons duidelikheid oor die geldigheid van die prosedure verkry? Ons praat van prosedures wat nie behoorlik nagekom is nie. Die Huis moet al die feite van die amptenare en die departement verkry ten einde deeglik oor die aangeleentheid te dink. Is dit wat die agb lid me Essop s die waarheid, of gooi sy 'n klip in die bos?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Wil die agb Minister hieroor praat? [Tussenwerpsels.] 

*Mnr P J MARAIS: Ons wil weet of dit proseduregewys op die regte manier gedoen is.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ons sal al die feite bekom.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, ek was persoonlik teenwoordig in die staande komitee, soos ander agb lede was, toe die wysigings op klousule 5(1), wat vervat is in die Wetsontwerp op die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy [W9B -2000] en [W9A-2000], soos ter Tafel gel, aangebring is. Soos die agb lid sal onthou, was daar in klousule 5(1) twee verwysings na "aandeelhouersooreenkoms", en die staande komitee het die eerste verwysing na "Convenco-ooreenkoms" verander, wat inderdaad die regte een is, en dit word weerspiel op die wyse waarop die Wetsontwerp voor die Huis dien. Ek hoop dat dit die proseduresaak opklaar.

Wat die inhoud van die agb lid se argument betref, het sy nie aandag gegee aan die sleutelargument nie, en dit is dat 'n mens huidige aandeelhouersooreenkomste en huidige Convenco-ooreenkomste kan wysig. Die punt wat ek egter by die Huis probeer tuisbring het, is dat nuwe bydraes gemaak gaan word deur ander partye as die partye wat die partye in die huidige ooreenkomste is. 'n Mens kan dit daarom nie net doen deur 'n verandering van huidige ooreenkomste nie. 'n Mens het nuwe ooreenkomste nodig om dit te laat gebeur.

*Mnr P C MCKENZIE: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: ek dink dat wat nou aan die gang is, nie reg is nie. U het aan agb lede ingevolge die prosedure die reg verleen om beweegredes te verstrek, maar nou gaan ons oor tot 'n bespreking. Die agb Minister is besig om die motivering van die agb lid te bespreek, terwyl hy reeds sy twee minute gehad het om sy beweegredes te verstrek.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek vra vir duidelikheid oor die aangeleentheid en ek gee aan agb lede 'n geleentheid om my oor hierdie saak toe te spreek.

*Mnr N M ISAACS: Me die Voorsitter, ek verwys na klousule 5 op bl 3, in rel 35 van die Engelse teks. Soos die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme ges het, het ons almal ingestem om die woord "shareholders" te skrap en deur die woord "Convenco" te vervang. Dit is die amendemente wat ons aangebring het terwyl ons die Wetsontwerp bespreek het. Ek kan nie sien waarom ons op hierdie wyse by mekaar begin verby praat het en die gevolglike verwarring het nie. Ons het ingestem tot die amendement. Selfs op bl 3, in rel 7 van die Engelse teks, is die woord "shareholders" geskrap en deur die woord "Convenco" vervang, en dit is van toepassing waar dit ook al voorkom.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, die kwessie van die amendement deur die skrapping van die woord "Convenco" en die vervanging daarvan deur die woord "shareholders" word nie hier in twyfel getrek nie. Toe ons die wysiging tydens die komiteevergadering bespreek het - en die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme moet nie s dat ek besig is om te verdraai wat in die komiteevergadering gebeur het nie - het ons dit aanvaar. Die veranderinge op die konsep is in potlood op my dokument ingeskryf. Die agb Minister moet my integriteit en my deelname aan daardie aspek nie hier bevraagteken nie; dit is daar.

Me die Voorsitter, ons het hier 'n klousule herbewoord sonder 'n amptelike wysiging vir die nuwe bewoording, en dit verander wel die betekenis daarvan. In die oorspronklike teks is die betekenis anders, in hierdie teks is die betekenis anders en daar is geen amptelike tertafelleggings van 'n amendement nie. Agb lede kan s dat ek 'n klip in die bos gooi, maar dit is wat in komitee gebeur het en dit is nie wat amptelik gewysig is nie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek gaan nou my beslissing gee. Ek het die Adjunksekretaris versoek om na te gaan wat met die Wetsontwerp gebeur het. Ek dink egter dat die agb lid me Essop nou die wysiging in die Huis moet voorstel, indien sy wil. Dit kan dan tot stemming gebring word; anders sou ons uiteindelik net hierdie aangeleentheid oor en oor kon bespreek.

Ek hoop dat die Adjunksekretaris binnekort sal terugkeer sodat ons die aangeleentheid kan uitstryk, maar ek dink dat die amendement gestel moet word. Is die skrapping nog van krag?

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek wil u graag oor hierdie saak toespreek. Die motivering waarom hierdie skrapping daar moet wees, is gegrond op die oorspronklike teks. Verstaan u?

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Ja.

*Me T ESSOP: Dit is duidelik gegrond op die oorspronklike teks, want dit is daar waar dit oortollig raak. Ons het aangevoer dat klousule 5(2) oortollig geraak het. As die oorspronklike teks behoue gebly het, met die naam "Convenco" as 'n amendement, sou dit nie 'n probleem gewees het nie; dit is goedgekeur. Dit bly egter oortollig omdat albei aandeelhouersooreenkomste in subartikel (1) gedek is. Die argument van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme was dat dit tot die Convenco-ooreenkoms beperk was.

Me die Voorsitter, daar is 'n herbewoorde teks, maar daar is geen amptelike amendement vir die herbewoorde teks nie. Klousule 5(2) word dus gekoppel - en ek is nie seker hoe ons hieroor gaan stem nie - aan wat gebeur het ten opsigte van die herbewoording van die teks voor ons. Dit is die eerste maal wat ons dit gesien het.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ons hoop dat ons die Adjunksekretaris kan terugroep. Ek dink ons moet met die ander klousules aangaan en hierdie klousule hanteer wanneer hy terugkeer. Dit is vir my baie moeilik om 'n beslissing te gee as ek nie die inligting voor my het nie. Ons het die Adjunksekretaris uit die Huis gestuur om duidelikheid te verkry en ons sal terugkom daarop. As ons nie ooreenstemming bereik nie, sal ek die werksaamhede van die Huis vir vyf minute opskort ten einde ooreenstemming oor hierdie aangeleentheid te bereik.

Wil die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme my toespreek?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: is dit nie so dat die Huis gevra word om hierdie Wetsontwerp [W9B-2000], soos dit voor ons dien, goed te keur nie?

'n AGB LID: Korrek.

Die MINISTER: Ten eerste, my interpretasie van die komiteeverrigtings is dat dit korrek is. As die agb lid me Essop 'n probleem het met die Wetsontwerp soos dit staan - selfs volgens haar interpretasie van klousule 5(1), wat na my mening nie korrek is nie, maar dit is haar standpunt - dan kan die agb lid probeer om 'n wysiging hierop, soos dit nou staan, voor te stel. Ons vra nie die Huis om enigiets anders as dit goed te keur nie.

Me die Voorsitter, ek wil daarom vra dat u beslis dat ons voortgaan met die wysiging van die agb lid, of enigiets anders wat sy kan h.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek het 'n probleem. Die prosedure wat gevolg moet word wanneer 'n wetsontwerp voor hierdie Parlement gebring word, is die volgende: dit word ter Tafel gel deur die betrokke Minister en kan dan na die staande komitee verwys word. Daarna kom die wetsontwerp, met sy wysigings, terug na die Huis, soos goedgekeur deur die staande komitee.

Indien daar 'n twis tussen agb lede is dat die Wetsontwerp wat hulle nou voor hulle sien, nie dieselfde Wetsontwerp is as wat hulle in die staande komitee gesien het nie, en die wysigings nie in die staande komitee opgestel is nie, dan is ek van mening dat ons die saak moet probeer oplos.

*Die LEIER VAN DIE HUIS: Kom ons gaan aan met die ander klousules.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Ek wil graag met die ander klousules aangaan. As ons nie die saak kan oplos nie, sal ek die werksaamhede van die Huis vir vyf minute opskort sodat ons kan terugkom met 'n oplossing vir die probleem. Ek dink eintlik dat ons net een klousule oor het. Nee, daar is nog.

Klousules 6, 7, 8 en 9 goedgekeur.

WERKSAAMHEDE OPGESKORT OM 17:20 EN HERVAT OM 17:28.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ons sal nou terugkeer op die oorspronklike Wetsontwerp op die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy [W9-2000]. Dit lyk asof daar net 'n tegniese probleem was. Klousule 5(1) van die oorspronklike Wetsontwerp lui soos volg:

	Vir die doel van die maak van 'n finansile bydrae tot Convenco deur die provinsiale regering ingevolge die aandeelhouersooreenkoms of die opneem van aandele in Convenco ingevolge die aandeelhouersooreenkoms, mag die provinsiale Minister van Finansies slegs fondse bewillig wat gemagtig is -

(a) as deel van 'n jaarlikse begroting wat ingevolge 'n begrotingswet goedgekeur is, of

(b) as deel van 'n aanvullende begroting wat ingevolge 'n begrotingswet goedgekeur is.

Ek wil ook graag die oorspronklike klousule 5 aan die Huis stel.

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, met respek, as u na die staande komitee-amendemente kyk wat voor die Huis dien, sal u sien dat hulle oor klousule 5 s:

	Dat op bladsy 7, in rel 37, "aandeelhouersooreenkoms" geskrap en deur "Convenco-ooreenkoms" vervang word.

Dit is daarom presies soos u dit voorgelees het, me die Voorsitter, maar die eerste "aandeelhouers" moet na "Convenco" verander word. Dit is waaroor die staande komitee ooreengekom het. Ek sou graag wou h dat die lede van die staande komitee dit moet beaam.

Me die Voorsitter, ek stem met u saam dat u die oorspronklike klousule moet stel, maar met die amendement, want indien u die oorspronklike klousule en hierdie amendement tegelyk stel, lui dit anders as die een in [W9B-2000], soos u tereg aangedui het.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek sal nie die hele klousule voorlees nie, maar ek wil graag die gewysigde weergawe van hierdie deel herhaal. Ek verwys na rel 2, "... ingevolge die Convenco-ooreenkoms aan Convenco ...". Is dit hoe dit lui?

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: "... die Convenco-ooreenkoms ...".

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: "... die Convenco-ooreenkoms ...".

*Die PREMIER: U het dus al u geloofwaardigheid verloor. [Tussenwerpsels.] 

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Nee, asseblief! Sal die agb Premier asseblief tot orde kom!

Ek verwys nou na die amendement op klousule 5(2). Die amendement wat ek voor my het, lui soos volg:

	Dat klousule 5(2) geskrap word.

Wil die agb lid nog daardie amendement voorstel?

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek trek dit terug.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Is dit teruggetrek?

*Me T ESSOP: Dit is teruggetrek. [Tussenwerpsels.] 

Klousules 5 en 10 goedgekeur.

Lang Titel goedgekeur.

HUIS HERVAT:

Wetsontwerp met 'n amendement gerapporteer.

Die SPEAKER: Orde! Vir wanneer stel die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme die Derde Lesing voor?

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek stel voor dat die Derde Lesing onmiddellik geneem word.

Goedgekeur.

Wetsontwerp vir die derde maal gelees.

Die Huis verdaag om 17:31 tot 10:00 op Vrydag, 23 Junie 2000.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

DONDERDAG, 22 JUNIE 2000

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

1. Register of property for transfer of movable assets from the Department of Environmental and Cultural Affairs and Sport to the Western Cape Nature Conservation Board (WCNCB) [Afskrif van dokument beskikbaar by Kamer 4-96 (Slegs in Engels beskikbaar)]

2.	Wetsontwerpe ontvang van die nasionale Parlement en ter tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 208:

(i) Gekose Komitee-Amendemente op Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders [W26A-2000].

(ii) Wetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders [W26B-2000].

(iii) Wetsontwerp op die Veiligheid van Vleis [W29-2000].
 
(iv) Wetsontwerp op Beskermde Bekendmakings [W30-2000]. 

(v) Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe [W31-2000].

(vi) Gekose Komitee-Amendemente op Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe [W31A-2000].

(vii) Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe [W31B-2000].

(viii) Wysigingswetsontwerp op die Padverkeersbestuurkorporasie [W32-2000].

(ix) Gekose Komitee-Amendemente op Wysigingswetsontwerp op die Padverkeersbestuurkorporasie [W32A-2000].

(x) Wysigingswetsontwerp op die Padverkeersbestuurskorporasie [W32B-2000].

(xi) Wysigingswetsontwerp op Identifikasie [W33-2000]. 

(xii) Firearms Control Bill [B34-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xiii) Local Government Municipal Electoral Bill [B35-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

(xiv) General Intelligence Law Amendment Bill [B36-2000] (Wetsontwerp nie in Afrikaans beskikbaar nie).

KOMITEEVERSLAE:

1.	Eerste Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge gedateer 9 Junie 2000 soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge getuienis aangehoor en oorweeg het oor sekere aspekte wat ingesluit is in: 

(i) Provinsiale Tesourie-antwoorde op die Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, 1999 (Aankondigings, Tertafelleggings en Komiteeverslae No. 11 - 1999 gedateer 31 Mei 1999);

(ii) Algemene Verslag van die Ouditeur-generaal oor die rekenings van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir 1996-97 [PR 31 / 1999]

(iii) Algemene Verslag van die Ouditeur-generaal oor die rekenings van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir 1997-98 [PR 4 / 2000]

(iv) Verslae van die Ouditeur-generaal oor die Finansile State van die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap vir die jaar geindig 31 Maart 1998 op:

* Begrotingspos 1   - 	Premier [PR 122 / 1999]
* Begrotingspos 3   -	Behuising, Plaaslike Bestuur en Beplanning	[PR 11 / 2000]
* Begrotingspos 4   -	Ekonomiese Sake [PR 70 / 1999]
* Begrotingspos 5   -	Finansies [PR 86 / 1999]
* Begrotingspos 6   -	Gesondheid [PR 2 / 2000]
* Begrotingspos 7   -	Korporatiewe Dienste [PR 124 / 1999] 
* Begrotingspos 9   -	Maatskaplike Dienste [PR 100 / 1999]
* Begrotingspos 11 -	Onderwys [PR 85 / 1999]
* Begrotingspos 15 -	Sport en Rekreasie [PR 62 / 1999]
* Begrotingspos 16 -	Vervoer en Openbare Werke [PR 87 / 1999]

(v) Verslag van die Ouditeur-generaal oor 'n prestasie-oudit van staatsmotorvervoer by die voormalige Departement van Vervoer van die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie [PR 94 / 1999];

wens hy soos volg verslag te doen:

TESOURIE-ANTWOORDE OP VERSLAE VAN STAANDE KOMITEE OOR OPENBARE REKENINGE

1. Provinsiale Tesourie se antwoord op Resolusie 3 van die Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge gedateer 31 Mei 1999

	Wanaanwending van HOP-Fondse: Ladismith Munisipaliteit

Die bogenoemde Tesourie-antwoord het getoon dat die saak waarin daar na bewering 'n wanaanwending van HOP-fondse ten bedrae van R 161 000 by die Ladismith Munisipaliteit was, gedurende Augustus 1999 na die Hoofdirektoraat: Regsdienste verwys is vir die aanstelling van 'n advokaat om die saak te ondersoek.

Nadat die Komitee getuienis oor bogenoemde Tesourie-antwoord aangehoor en oorweeg het, wens hy sy ernstige kommer uit te spreek oor die feit dat die saak nie die nodige aandag geniet het nie en beveel aan dat, as 'n beginselsaak en om die Administrasie se kommer oor openbare fondse te beklemtoon, onmiddellik stappe gedoen word vir die invordering van die wanaangewende HOP-fondse van die Ladismith Munisipaliteit om verjaring te voorkom, en dat 'n verslag oor die vordering in di verband binne 15 dae vanaf die datum van hierdie verslag aan die Komitee voorgel word.

VERSLAE VAN DIE OUDITEUR-GENERAAL

2. Begrotingspos 1 - Premier (Verslag van Ouditeur-generaal se Verslag [PR 122/1999 - bladsy 2, paragraaf 2.2.1 (b)]): Aankoop van goedere en dienste - klanktoerusting

Die Ouditeur-generaal het gerapporteer dat tenders vir die aankoop van klanktoerusting ten bedrae van R 33 006 nie voorgel kon word nie. Voorts kon fakture en stawende bewysstukke vir di aankope asook verdere aankope ten bedrae van R10 689 (totaal R43 695) ook nie voorgel word nie.

Na die Komitee getuienis oor die aankoop van klanktoerusting aangehoor en oorweeg het, wil hy sy kommer uitspreek oor die Departement in gebreke gebly het om tenderregulasies te volg asook die gebrek aan stawende dokumentasie en beveel aan dat oorweging geskenk moet word aan die skepping van 'n sentrale adviserende liggaam vir die oorweging van alle departementele behoeftes met betrekking tot klank- en visueletoerusting en 'n moontlike gesentraliseerde verkrygingsbeleid met betrekking tot hierdie tipe toerusting en dat 'n koste-analise voor elke aankoop gedoen word.

3. Begrotingspos 5 - Finansies (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 96/1999 - bladsye 2 en 3, paragraaf 3.1]): Kontrak vir die lewering van rekenaardienste

Die Komitee wil sy kommer uitspreek oor die gebrek aan 'n formele ooreenkoms tussen die Administrasie en die Staatsinligtingstegnologie-agentskap (SITA) vir die lewering van rekenaardienste en dat die uitgawe ten bedrae van R4 604 071 nie tydens ouditeuring geverifieer kon word nie. Die Komitee is ook van mening dat die afwesigheid van so 'n ooreenkoms mag lei tot die moontlike verlies van fondse van die Administrasie en beveel derhalwe aan dat elke poging so gou moontlik aangewend moet word om 'n Diensvlakooreenkoms met SITA te sluit en dat die Direkteur-generaal van die Provinsiale Administrasie Wes-Kaap die Komitee se kommer onder die aandag van die nasionale Departement van Staatsdiens en Administrasie bring.

4. Begrotingspos 6 - Gesondheid (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 2/2000 - bladsye 6 en 7, paragraaf 3.5]): Voorraad

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het oor die feit dat voorgeskrewe jaarlikse voorraadopnames nie by alle instansies van die Departement uitgevoer is nie, wil hy aanbeveel dat die Departement verseker dat alle instansies onder sy beheer voorraadopnames doen ingevolge die voorskrifte en indien dit nie moontlik is om hieraan te voldoen nie, behoorlike beplanning van voorraadopnames in samewerking met Tesourie onderneem word.

5. Begrotingspos 6 - Gesondheid (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 2/2000 - bladsy 9, paragraaf 3.7]): Beweerde bedrog: Deeltydse distriksgeneeshere

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het oor die heraanstelling van 'n deeltydse distriksgeneesheer, nieteenstaande die feit dat die persoon betrokke was by 'n ondersoek in 'n saak van beweerde bedrog, wil hy sy kommer uitspreek oor hierdie situasie en beveel aan dat, as 'n saak van dringendheid, alternatiewe maatrels in hierdie verband oorweeg word sonder om die standaarde van mediese dienste in die gebied nadelig te benvloed. Die Komitee beveel verder aan dat geen departement van die Administrasie enige voormalige amptenaar wie se dienste beindig is as gevolg van wangedrag of kriminele aktiwiteite, heraanstel nie.

6. Begrotingspos 9 - Maatskaplike Dienste (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 100/1999 - bladsye 4 en 5, paragraaf 3.3 (a)]): Oordragbetalings: Moontlike ongemagtigde uitgawes

Die ongemagtigde uitgawe ten opsigte van subsidies aan welsynsagentskappe ten bedrae van R2 961 383,61 wat meer as die nasionale norm was en waarvoor ex post facto goedkeuring nie van Tesourie verkry kon word nie, is oorweeg. Die Komitee wil sy kommer uitspreek dat dokumentasie tussen die Departement en Tesourie, wat die voorkoming van die ongemagtigde uitgawe kon voorkom het, verlore geraak het as gevolg van 'n tekort aan behoorlike beheer. Nieteenstaande beveel die Komitee aan dat die bedrag van R2 961 383,61 deur die provinsiale Parlement gemagtig word en beveel verder aan dat behoorlike beheermaatrels ingestel word oor alle inter-departementle kommunikasies, veral korrespondensie tussen departemente en Tesourie, insluitend 'n opvolgstelsel om te verseker dat sake die nodige aandag kry.

7. Begrotingspos 11 - Onderwys (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 85/1999 - bladsy 2, paragraaf 2.2.1 (a)]): Ongemagtigde uitgawes

Die ongemagtigde uitgawe ten bedrae van R33 531 178,12, voortspruitend uit die oorbesteding op die Begrotingspos, is oorweeg. Die Komitee het kennis geneem van die omstandighede wat bygedra het tot die oorbesteding en beveel aan dat die ongemagtigde uitgawe van R33 531 178,12 vir magtiging na die provinsiale Parlement verwys word.

8. Begrotingspos 11 - Onderwys (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 85/1999 - bladsy 8, paragraaf 3.12]): Spysenieringsdienste

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het oor die moontlike oorbetalings ten bedrae van R816 470 en R33 788 ten opsigte van spysenieringsdienstekontrakte wil hy aanbeveel dat hy voorsien word van:
* 'n volledige lys van oorbetalings in hierdie verband;
* 'n vorderingsverslag oor die stappe wat gedoen is om die saak te finaliseer;
* 'n verslag oor die stappe wat gedoen is vir die terugvordering van die oorbetalings, en
* besonderhede van dissiplinre optrede geneem teen enige amptenare in hierdie verband.

Die Komitee wil weereens aanbeveel dat waar gevalle van bedrog, diefstal of wanpraktyk deur 'n beampte gepleeg word met die samewerking of medepligtigheid van privaatondernemings, sulke ondernemings op 'n lys van ongewenste kontrakteurs geplaas word en dat sodanige lys gereeld aan alle Staatsinstellings gesirkuleer word.

9. Begrotingspos 16 - Vervoer en Publieke Werke (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 87/1999 - bladsy 12, paragraaf 3.10]): Beweerde Bedrog

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het oor verskeie beweerde onrelmatighede in die onderhoud van geboue, wil hy sy kommer uitspreek oor die tekort aan samewerking van die Tak: Werke met die verskaffing van dokumentasie aan die Heath Spesiale Ondersoekeenheid asook die klaarblyklike gebrek aan beheer van uitgawes en kontrakdokumentasie met betrekking tot onderhoud van geboue. Die Komitee wil derhalwe aanbeveel dat die Tak sy volle ondersteuning en samewerking aan die eenheid verleen ten opsigte van enige aangeleentheid in hulle ondersoek vervat; en dat stappe onmiddellik gedoen word om die beheer van dokumentasie met betrekking tot die onderhoud van geboue op 'n gesonde grondslag te plaas.

10. Begrotingspos 16 - Vervoer en Publieke Werke (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 87/1999 - bladsy 13, paragraaf 3.11(a) (a)]): Brackenfell streekverkeerskantoor: Tenderraadgoedkeuring

Die ongemagtigde uitgawe ten bedrae van R29 985 voortspruitend uit die aankoop van radio's deur afsonderlike bestelvorms uit te reik om Tenderraad- voorskrifte te omseil, en waarvoor ex post facto goedkeuring nie verkry kon word nie, is oorweeg. Die Komitee wil sy ontevredenheid uitspreek oor die verontagsaming van Tenderraad-voorskrifte. Nieteenstaande beveel die Komitee aan dat die bedrag van R29 985 deur die provinsiale Parlement gemagtig word, aangesien geen wanbesteding onthul is nie.

11. Begrotingspos 16 - Vervoer en Publieke Werke (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 87/1999 - bladsy 14, paragraaf 3.12]): Antwoorde op informele navrae en bestuursbriewe

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het wat aangedui het dat tydige en voldoende antwoorde op die Ouditeur-generaal se informele navrae en bestuursbriewe nie voorsien is nie, en wat derhalwe die uitvoering van die oudit asook die finalisering van die Ouditverslag bemoeilik het, wil hy aanbeveel dat Hoofde van Departemente stappe doen om te verseker dat hierdie departement en alle ander departemente stiptelike en deeglike aandag in die verband skenk.

12. Begrotingspos 16 - Vervoer en Publieke Werke (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 87/1999 - bladsye 14, paragraaf 3.13]): Interne nasiening en beheer

Die Komitee het kennis geneem van die regstellende stappe wat ingestel word asook die aanstel van ervare en opgeleide personeel en wil aanbeveel dat, gesien die belangrike rol wat die departement in die beheer van die Administrasie se bates speel, die finalisering van die bateregister teen 30 September 2000 die hoogste prioriteit moet geniet om die sperdatum te bereik. Die Departement moet ook binne 15 dae vanaf die datum van hierdie Verslag rapporteer oor die behoorlike beheer van verhurings en die toewysings van tenders wat beoog was vir implementering op 1 April 2000.

13. Begrotingspos 16 - Vervoer en Publieke Werke (Verslag van Ouditeur-generaal [PR 87/1999 - bladsy 14, paragraaf 3.14(a)]): Na-balansstaat gevalle: Ongemagtigde uitgawes

Die Ouditeur-generaal het rapporteer dat huurgeld ten opsigte van geboue wat deur die voormalige Administrasie: Huis van Verteenwoordigers gehuur is, in 1992 teen 'n hor tarief betaal is as wat die kontraktarief bepaal het. In antwoord op 'n voorlegging het Tesourie aangedui dat die uitgawe as ongemagtig beskou moet word.

Die ongemagtigde uitgawe ten bedrae van R81 085 is oorweeg en die Komitee het kennis geneem van die omstandighede wat aanloop gegee het tot oorbesteding, en beveel aan dat die ongemagtigde uitgawe van R81 085 na die provinsiale Parlement vir magtiging verwys word.

DWARSLEGGENDE AANGELEENTHEDE

14. Interne nasiening en beheer en gekwalifiseerde ouditverslae

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het oor die algehele finansile bestuur in die Administrasie, en nadat hy kennis geneem het van die jaar tot jaar afname in die getal gekwalifiseerde ouditverslae, wil hy nieteenstaande sy kommer uitspreek dat al die kwalifikasies wat voorkom, skynbaar direk die gevolg is van gebrekkige interne nasiening en beheermaatrels en beveel aan dat doelgerigte pogings aangewend word om die saak op 'n gesonde grondslag te plaas.

15. Bywoning en inligting tydens Komiteevergaderings

Die Komitee wil sy teleurstelling uitspreek dat volledige en gedetailleerde inligting met betrekking tot verskeie aangeleenthede in die Verslae van die Ouditeur-generaal nie deur sekere departemente tydens die vergaderings voorsien kon word nie. Die Komitee wil derhalwe aanbeveel dat dringende stappe gedoen word om te verseker dat Hoofde van Departemente en/of verteenwoordigers ten volle voorberei is vir vergaderings waartydens alle aangeleenthede in die Verslae wat betrekking op hulle het, bespreek sal word en dat stappe gedoen word om aan alle instansies en departemente van die Administrasie die belangrikheid om voor die Komitee te verskyn, oor te dra.
16. Dissiplinre prosedures teen amptenare

Getuienis aangehoor met betrekking tot verskeie sake van onrelmatighede waar amptenare van die Administrasie betrokke was, het getoon dat effektiewe afhandeling van dissiplinre optrede in die meeste gevalle nie spoedig plaasvind nie. Die Komitee wil weereens sy ernstige kommer uitspreek dat dissiplinre optrede oor sulke lang tydperke uitgerek word. Met betrekking tot Resolusie 17 van die Komitee se verslag gedateer 31 Mei 1999, neem die Komitee kennis van die beoogde nuwe dissiplinre prosedures vir die Departement van Onderwys en die stappe wat gedoen is om die nuwe dissiplinre prosedure in ander provinsiale departemente te implementeer, en beveel aan dat die Direkteur-generaal 'n simposium vir die Lede van die Komitee en alle ander rolspelers rel ten einde 'n beter begrip van al die rolspelers se doel in die proses te kan verkry.

17. Onrelmatighede wat verdere ondersoek vereis: Getuienis voorsien deur die Heath Spesiale Ondersoekeenheid

Uit getuienis voorgel, het dit geblyk dat enige vertraging met die instel van 'n ondersoek na bedrog of ander onrelmatighede in die hantering van openbare fondse, tot gevolg kan h dat die betrokke fondse nie herwin kan word nie en vervolgens 'n verlies tot gevolg kan h. Die Komitee wil derhalwe aanbeveel dat 

* oorweging geskenk word aan die verwysing, bo en behalwe die voorgeskrewe verslaggewing en opvolgprosedure, van gevalle van bedrog en onrelmatighede na die Heath Spesiale Ondersoekeenheid gesien die spesiale magte tot sy beskikking vir die herwinning van fondse wat wanaangewend is; en

* die finalisering van die nodige proklamasies vir verwysing na die Heath Spesiale Ondersoekeenheid, wat gedurende April 2000 vir hersiening geskeduleer was, onmiddellik die aandag van alle betrokke rolspelers geniet en dat 'n opsomming van die vordering in hierdie verband binne 15 dae vanaf die datum van hierdie verslag aan die Komitee voorgel word.

18. Stawende dokumentasie en inligting vir joernale

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het wat aangedui het dat die meeste departemente se joernale nie altyd met die behoorlike dokumentasie en inligting gestaaf is nie, wil hy aanbeveel dat die aandag van finansile personeel in alle departemente gevestig word op die behoorlike opstel van joernaalinskrywings ten einde die ware finansile posisie van die Administrasie in sy boeke te weerspiel.

19. Betalings gemaak op instruksie van Lede van provinsiale Kabinet

Gesien die voorkoming van die misbruik of wanaanwending van staatsfondse tot voordeel van 'n betrokke instelling of belangegroep, wil die Komitee aanbeveel dat departemente 'n behoorlike analise en ondersoek onderneem om te verseker dat alle betrokke voorskrifte gevolg word voordat enige spesifieke uitgawes op instruksie van 'n Lid van die provinsiale Kabinet aangegaan word.

20. Terugvordering van bedrae van personeel

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het wat aangedui het dat die terughou van pensioenvoordele van personeel om uitstaande bedrae te herwin, beperkte sukses behaal het, wil die Komitee die implementering en standaardisering van prosedures met betrekking tot die terughou van pensioenvoordele van personeel wat ontslaan is as gevolg van bedrog of wanaanwending van staatsfondse, aanbeveel.

21. Finalisering van regsaangeleenthede

Gedurende die oorweging van verskeie begrotingsposte het die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg wat daarop gedui het dat die finalisering van aangeleenthede soos die invordering van skuld, dissiplinre maatrels teen personeel en die voorgeskrewe hersiening van ongeluksgevalle, tydsame opvolging deur departemente verg en dat lang tydperke verstryk voor die bevredigende afhandeling van sake. Die Komitee wil derhalwe aanbeveel dat die Direkteur-generaal stappe doen om die verhouding tussen die Departement van Justisie (in besonder die Kantoor van die Staatsprokureur) en die Provinsiale Administrasie te verbeter en uit te brei, en indien nodig moet hy dringend 'n hersiening van die kapasiteitsprobleme binne die voorgenoemde departement asook die Administrasie voorstel.

22. Verbetering van finansile beheer

Nadat die Komitee getuienis aangehoor en oorweeg het met betrekking tot die tekort aan behoorlike finansile beheer veroorsaak deur die tekort aan ervare en opgeleide personeel by verskeie departemente van die Administrasie wat jaar na jaar geen verbetering toon nie en wat tot aansienlike verliese kan lei. Die Komitee wil derhalwe aanbeveel dat met die oog op die uitbreiding van finansile bevoegdheid in die Provinsie, die Direkteur-generaal, veral in die lig van die PFMA, in gesprek tree met die nasionale Departement van Finansies oor die hersiening van diensvoorwaardes van finansile personeel en om 'n verbetering in di verband te bewerkstellig en waar daar wesenlike tekort in finansile bestuur voorkom, toesien dat dit onmiddellik behoorlike aandag geniet. 

23. Implementering van Wet op Openbare Finansile Bestuur

In die lig van die bogenoemde Resolusies wat verskeie sake uitgewys het waar voorskrifte en prosedures nie gevolg is nie, wil die Komitee aanbeveel dat die Rekenpligtige Beamptes behoorlike sorg en beheer uitoefen oor alle sake wat binne hulle verantwoordelikheid val, aangesien die Komitee beoog om sterk standpunt in te neem met die toepassing van die bepalings van die PFMA met betrekking tot die herwinning van onrelmatige en ongemagtigde uitgawes deur die verantwoordelike amptenare en die implementering van dissiplinre verhore in gevalle van finansile misdrywe. 

PRESTASIE-OUDIT

24. Verslag van Ouditeur-generaal oor 'n Prestasie-oudit van Staats-motorvervoer by die voormalige Departement van Vervoer van die Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie [PR 94/1999 - bladsy 3, paragraaf 4.2]: Oordragbetalings: Permanente toegewysde voertuie nie optimaal aangewend nie

Die Komitee het getuienis aangehoor en oorweeg met betrekking tot die onderbenutting van permanente toegewysde voertuie deur gebruiksdepartemente en het kennis geneem van die implementering van 'n nuwe daaglikse tarief wat na verwagting sal verseker dat departemente die nodige aandag sal skenk om die benutting van voertuie te verbeter. Die Komitee wil nieteenstaande aanbeveel dat die Tak: Vervoer van die Provinsiale Administrasie 'n stelsel instel waardeur die benutting van alle staatsmotorvoertuie gemonitor word ten einde koste effektiewe toewysing van die voertuie op 'n aaneenlopende grondslag te oorweeg.

Die Komitee beveel aan dat hy binne 60 dae vanaf die datum van hierdie verslag deur die Direkteur-generaal ingelig word oor die vordering wat gemaak word met die implementering van die aanbevelings of soos andersins in spesifieke Resolusies aangedui, en beveel verder aan dat hierdie Verslag deur die Huis oorweeg word.

2.	Verslag van die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oor die Wetsontwerp op die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy [W9-2000], gedateer 15 Junie 2000, soos volg:
	
Nadat die Staande Komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling oorweging geskenk het aan die onderwerp van Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum-maatskappy [W9-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om die Wetsontwerp met amendemente [W9A-2000] voor te l.

3.	Verslag van die Staande Komitee oor Owerheidsake en Gemeenskapsveiligheid oor die Wetsontwerp op die Wes-Kaapse Wetsontwerp op Bepaling van Soorte Munisipaliteite [W10-2000], gedateer 20 Junie 2000, soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Owerheidsake en Gemeenskapsveiligheid oorweging geskenk het aan die onderwerp van Wes-Kaapse Wetsontwerp op Bepaling van Soorte Munisipaliteite [W10-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om die Wetsontwerp sonder amendement voor te l.

4.	Verslag van die Relskomitee, gedateer 21 Junie 2000:

Nadat die Relskomitee oorweging geskenk het aan die saak van die afbakening van die parlementre gebied, besluit hy soos volg:

(1) Dat die Speaker, Adjunkspeaker en Leier van die Huis opdrag gegee word om dringend met die Uitvoerende Gesag te raadpleeg met die oog op die finalisering van die saak van die afbakening van en beheer oor die parlementre gebied, spesifiek die saak van parkeergeriewe; en

(2) dat 'n Wetsontwerp wat die werksaamhede van die administrasie van die Parlement reguleer, wat onder meer die parlementre gebied omskryf, dringend opgestel word.



1740	DINSDAG, 20 JUNIE 2000



	DINSDAG, 20 JUNIE 2000	1741



1694	DINSDAG, 20 JUNIE 2000


